25.07.2008 Werkgewers skuld SSC miljoene
DIE skuldlas van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) groei weens werkgewers se versuim om hul maandelikse bydraes oor te betaal, jaar ná jaar en staan nou reeds op N$51 miljoen. Dié geld word egter maandeliks deur meer as 33 000 geregistreerde werkgewers van hul bykans 400 000 werknemers se salarisse afgetrek.
Die jongste statistiek oor agterstallige skuld is gister deur die SSC bekend gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat die Evangeliese Lutherse Kerk in Namibië (ELCRN) meer as N$620 502 aan die kommissie skuld. Die kerk het ook versuim om gehoor te gee aan ’n finale sperdatum van 6 Junie om sy skuld te vereffen. ELCRN skuld altesaam N$244 935,59 aan maatskaplike voorsorgbydraes vir die tydperk vanaf 31 Julie 2001 tot 31 Maart 2008, asook ’n verdere N$375 567 aan rente op die agterstallige bedrag.
Die korporatiewe skakelbeampte van die SSC, mnr. Rino Muranda, het gister daarop gewys dat enige werkgewer wat versuim om die maandelikse bydraes aan die kommissie oor te betaal, by skuldigbevinding ’n boete van N$8 000 en twee jaar tronkstraf in die gesig kan staar.
Mnr. Muranda het in skriftelike antwoorde op vrae deur Republikein gesê die SSC se benadering oor die jare was nog altyd om alle moontlike uitweë te benut voordat regstappe ingestel word om agterstallige skuld in te vorder. Dit sluit ’n onderlinge ooreenkoms met die SSC vir die afbetaling van die skuld in.
Op 31 Maart vanjaar het die totale skuld aan die SSC reeds op N$51 miljoen te staan gekom en volgens mnr. Muranda sluit dit “onsekere skuld” van N$25 miljoen in. Die SSC het die afgelope drie jaar reeds etlike miljoene aan swak skuld afgeskryf. In 2004 was die uitstaande skuld aan maandelikse voorsorgbydraes
|