Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

30.08.2010

Walters looi Ministeries

© Republikein
Adv. John Walters
BUROKRATIESE rompslomp en ‘n voeteslepery by die Ministerie van Binnelandse Sake, het daartoe gelei dat ‘n Namibiese student in Duitsland nou vrees dat sy uit die land geskop kan word.

Die aansoek vir die vernuwing van haar paspoort het liederlik skeefgeloop. Die Ombudsman, adv. John Walters, het op navraag na die voorval gesê: “Dit is ’n tipiese geval van wanadministrasie.”

Hierdie soort sloerdery, die versuim om op die publiek se klagtes te antwoord en verskoning aan te teken wanneer administrasie verkeerd loop, is volgens adv. Walters glad nie uniek aan Binnelandse Sake nie.

“As jy navraag doen, word jy soos ’n stiefkind behandel; asof jy nie eens ’n burger van die land is nie,” het hy opgemerk.

Eers was Jeanine Zimmer, wat ’n vierjaarkursus in hotelbestuur gevolg het, se aansoek van 31 Mei vanjaar glo tussen neus en ore weg.

Toe sy verseg om die onkoste aan te gaan om van nuuts vir ’n noodreisdokument of ’n splinternuwe paspoort aansoek te doen, vind sy uit haar paspoort het in Moskou in stede van Berlyn beland. Beamptes in Rusland se verduideliking was hierop dat hulle nie persoonlike dokument na Duitsland per koerier kan stuur nie.

“Wat doen die mense?” wou Jeanine raadop uit die vreemde weet. Haar visum verval op 4 Oktober.

Adv. Walters het gesê sy deure staan steeds wyd oop vir klagtes soos die.

Volgens hom is die Kantoor van die Ombudsman besig met ’n openbare ondersoek na dienslewering by die Ministerie van Binnelandse Sake en Immigrasie. Daar word egter maar min uit die buiteland om hulp by sy kantoor aangeklop. Welliswaar moes die waghond al volgens hom een keer maar self iemand anders se paspoort na Berlyn pos.

Adv. Walters het gesê hy wag steeds op terugvoering van die Minister van Binnelandse Sake, me. Rosalia Nghidinwa, oor die voorlopige bevindinge van sy personeel se speurtog.

Die kantoor van die Ombudsman, het adv. Walters benadruk, maak namens klaers werk van al sulke probleme; by enige Ministerie of staatsinstelling.

“Nie een (Ministerie) kom hul plegtige beloftes aan die publiek na nie,” sê die Ombudsman oor die dienshandves van die staatsdiens se verbintenis tot flinke en verbruikersvriendelike diens. Selfs sy kantoor, het adv. Walters gesê, sukkel verskriklik om antwoorde oor wanadministrasie uit die staatsdiens te kry.

As waghond kan die Ombudsman die amptenary dagvaar of as dit nie werk nie, hof toe gaan om antwoorde op sy vrae te kry.

As ’n duur en tydsame proses is ’n regsgeding volgens adv. Walters egtermeestal nie die raadsaamste uitweg nie.

“Kom net jou eie standaard na,” was sy hernude raad aan Ministeries.
“Dan gaan ons mos gou goeie dienslewering hê.”

Die nuwe permanente sekretaris van Binnelandse Sake en Immigrasie, amb. Patrick Nandago, en die hoof van immigrasie, me. Elizabeth Negumbo, was Vrydag volgens hul assistente in vergaderings en kon ondanks verskeie probeerslae nie vir kommentaar bereik word nie.