24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.03.2010

Vrouedag: pleidooi vir gelyke pligte

© Republikein
Me. Marlene Mungunda
INTERNASIONALE Vrouedag is Maandag wêreldwyd gevier en me. Marlene Mungunda, Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, het verduidelik hoe vanjaar se tema “Gelyke regte, gelyke geleenthede” op Namibiese vroue betrekking het.

“Vanjaar se tema beklemtoon die Namibiese regering se toewyding op streek-, nasionale en internasionale vlak.

“Op nasionale vlak het Namibië ’n nasionale geslagsbeleid wat die nodigheid vir geslagsgelykheid, vroue wat van hulpbronne gebruik maak en deelname in besluitneming op alle maatskaplike vlakke hanteer,” verduidelik me. Mungunda.

Onlangse studies het uitgewys dat die versorging van kinders, bejaardes, siekes of gestremdes dikwels net as die verantwoordelikheid van vroue en meisies beskou word.

“Die las wat op vroue en meisies se skouers geplaas word wanneer vriende of familielede deur hulle versorg moet word, is ’n struikelblok vir die ontwikkeling van geslagsgelykheid en vroue.

“Daar is ongelukkig ook ’n toename in huishoudings waarvan vroue of kinders aan die hoof staan. “Hierdie toedrag van sake plaas geweldige druk op sulke vroue en veral op kinders, omdat hulle die rol as ouer vir hul jonger boeties en sussies moet inneem. Sodoende word hulle ontneem van onskuldige kinderjare en word geforseer om skool te verlaat vanweë die tyd wat hulle moet afstaan aan die versorging van ander, meestal met beperkte hulpbronne tot hul beskikking,” vertel me. Mungunda.

“Ongelyke verdeling van hulpbronne en verantwoordelikhede tussen mans en vroue, meisies en seuns, dra by tot armoede. Vroue se armoede kan direk verbind word met die afwesigheid van ekonomiese geleenthede, ’n tekort aan toegang tot belangrike ekonomiese hulpbronne , byvoorbeeld die besit van eiendom of te min kapitaal om ’n onderneming mee te begin.

“Dit is alles struikelblokke vir die ontwikkeling van vroue.

“As Namibiese mans en vroue moet ons een doel voor oë hê en dit is geslagsgelykheid. Dit moet aan ons duidelik wees dat waar jou regte eindig, is waar iemand anders s’n begin.

“Met hierdie duidelikheid kan geslagsgeweld verminder word en so ook die verspreiding van MIV en vigs.

“Dit sal lei tot ’n toename in produksie en dienslewering in beide betaalde en onbetaalde arbeid tussen mans en vroue.

“Die betrokkenheid van mans by versorging van ander in private en openbare plekke sal bydra om geslagsgelykheid in Namibië ten volle te ontwikkel,” het die Minister afgesluit.