SCORE CARD:


20 YEARS OF INDEPENDENCE

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Okahandja stem


Lesers 2010


Fotobeelde

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

01.03.10

Drywer skiet homself ná vragongeluk in woestyn

03.03.10

Stem Namibies

02.03.10

Tiger Reef bly in branders se visier

28.02.10

Ruiterstandbeeld staan weer trots

01.03.10

Beesdief steel ’n tweede keer

9.02.2010

Voormalige polisiemanne gevonnis

TWEE voormalige senior polisieoffisiere wat vroeër in die Katutura-streekhof aan bedrog en diefstal skuldig bevind is, is gister deur landdros Sarel Jacobs gevonnis.

Lotti Uusiku (51) het tereggestaan op vier klagte van diefstal waarby ‘n bedrag van N$13 800 betrokke is. Sy makker, Joseph Kamati (62), is op drie klagte van diefstal van N$1 800 skuldig bevind.

Uusiku is op die eerste klag tot N$12 000 boete of twee jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook tot ’n jaar tronkstraf opgeskort vir vier jaar gevonnis, op voorwaarde dat hy nie weer op dieselfde klag skuldig bevind word nie, asook dat hy voor 31 Mei vanjaar vergoeding van N$12 000 aan die Namibiese polisie moet terugbetaal.

Die vonnis op die ander drie klagte teen hom is onderskeidelik N$500 boete of drie maande tronkstraf, N$700 boete of drie maande tronkstraf en N$600 boete of drie maande tronkstraf.

Kamati se vonnis op die drie klagte teen hom is N$500 boete of drie maande tronkstraf, N$700 boete of drie maande tronkstraf en N$600 boete of drie maande tronkstraf.

Mnr. Jan Wessels het die voormalige polisieoffisiere verteenwoordig en me. Ingrid Husselman het vir die staat opgetree.

Die mans is na die vonnisuitspraak in aanhouding geplaas.