Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

13.01.2009

Voete klap na skole

© Francois Poolman
Bouwerk aan die Projekskole Hage Geingob en Moses //Garoëb nader hul einde en leerlinge sal reeds vanaf môre by dele van die skool onderrig ontvang. Die twee skole is gebou op die perseel waar die leerlinge verlede jaar in tente moes skool gaan. Iven Mbangweta, wie se ouers se huis oorkant die nuwe skole is, het gistermiddag daar gaan inloer net om seker te maak dat hy wel aanstaande jaar in graad 1 daar opgeneem sal kan word.
VANAF vandag gaan mense waarskynlik oudergewoonte bontstaan by verskeie skole en plasingsentra soos ouers ’n plekkie vir hul telge op die skoolbanke vir die 2009-skooljaar soek. Met Namibiese skole wat môre amptelik heropen, was voorlopige indrukke egter gister dat harde werk opnuut reeds in al 13 streke gedoen is om wanorde te verhoed.

Die Erongo-streek, tradisioneel een van die groter toelooppunte, en die Ohangwena-streek – die grootste onderwysstreek in die land – het beide verseker dat hulle een honderd persent gereed is vir die begin van die skooljaar.

Die Khomas-streek se senior bestuur was laat gistermiddag steeds in ’n vergadering en het gesê hulle sal eers vandag besonderhede oor hul gereedheid kan verstrek om toenemende verstedeliking die hoof te bied. “Dit gaan ‘Maandagrig’,” is al wat me. Thea Seefeld, adjunkdirekteur, wou sê.

Verlede jaar moes verskeie tentklasse in die hoofstad opgerig word om groot getalle nuwe leerders, veral uit Windhoek se groeiende informele nedersettings, te huisves. Nie alle nuwe skole en klasse wat in aanbou was, is reeds voltooi nie.

In 2008 het Khomas ’n aanvanklike waglys met sowat 800 skoollose graad 1’e en graad 8’s gehad – ’n syfer wat binne dae tot ver oor die duisend geklim het. Erongo se groot kopseer is eweneens ’n tekort aan klaskamers. Volgens me. Clementine Garises is al oplossing dat ’n klomp kinders noodgedwonge in die namiddag sal skoolgaan.

Die streek het 295 graad 1’e op hul waglys, vir wie drie nuwe klasse in Swakopmund geskep is (een in die namiddag en twee in die oggend) en ses nuwe klasse in Walvisbaai (almal in die middag). Lyste is opgeplak met plasingsbesonderhede vir graad 1 en die radio is ook ingespan om ouers te bereik.

Wat graad 8 betref, is daar net ’n tekort in Walvisbaai waaroor vandag verder planne beraam sal word. “Die situasie is onder beheer,” het mnr. Josia Udjombala, direkteur van onderwys vir die Ohangwena-streek, uit die Noorde gesê.

Sy streek huisves met byna 90 000 leerlinge van graad 1 tot graad 12 naby ’n sesde van die land se sowat 600 000 leerlinge. Volgens mnr. Udjombala verwag hulle nie groot probleme of bottelnekke nie. Graad 8-plasings is reeds afgehandel, terwyl skoolhoofde verlede week ook “vinnig op hul voete gedink het” om veel meer aansoeke vir graad 11 te aanvaar as wat daar plek is.

Twee nuwe skole in die Ohangwena- streek bied vanjaar vir die eerste keer graad 11 aan. Al waaroor mnr. Udjombala wel bekommerd is, is dat sowat 300 “vermiste” graad 10’s, wat wel geslaag het en waarskynlik in ander streke hul skoolloopbane wil voortsit, na hul moederstreek gaan terugreis as hulle nie elders plek kry nie. “Maar ons is ook gereed om dit te hanteer,” het hy oorgehaal verseker.