Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

8.02.2010

Vloot-hoë vas oor korrupsie

DIE kans om homself te verryk tydens die besoek van ’n Chinese weermagafvaardiging het in die gesig van ’n senior Namibiese vlootoffisier ontplof. Hy sal hy minstens ’n week in die polisieselle van Walvisbaai moet deurbring voor hy vir borg aansoek kan doen.

Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) het Vrydag op luitenantkommandeur Simiran Elia Ndiyaamena (33) toegeslaan nadat ’n tjek van N$8 000 in sy bankrekening gedeponeer is.

Die senior offisier is Donderdag in hegtenis geneem op ’n klag dat hy sy posisie misbruik het om homself te verryk.

Volgens die direkteur van die ACC, mnr. Paulus Noa, het die kommandeur tydens ’n besoek van ’n afvaardiging Chinese weermaglede aan Walvisbaai die eienaar van ’n lodge versoek om N$10 000 aan hom te betaal.

Die offisier sou na bewering aan die eienaar van die lodge gesê het dat hy hom ’n groot guns doen deur die Chinese na sy onderneming te bring om tuis te gaan.

“Die verblyfkoste van die Chinese afvaardiging sou in ieder geval deur die Ministerie van Verdediging betaal word. Die eienaar van die lodge het aan ondersoekbeamptes van die ACC verklaar dat kommandeur Ndiyaamena hom gedreig het om die som geld so gou moontlik te betaal omdat hy ’n baie goeie tjek sou ontvang.”

Toe die tjek van N$85 800 uiteindelik deur die finansiële afdeling van die vloot gereed was, het kommandeur Ndiyaamena daarop aangedring om die tjek na die lodge te neem om die rekening te vereffen.

“Kommandeur Ndiyaamena het die tjek na die eienaar van die verblyfonderneming geneem en weer op die omkoopsom van N$10 000 aangedring. Uiteindelik is N$8 000 in sy rekening inbetaal en hy is kort daarna in hegtenis geneem.”

Volgens mnr. Noa het die beskuldigde reeds Vrydag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn, maar borg is nie aan hom toegestaan nie.

Die betrokke landdros het op aanbeveling van die staatsaanklaer beveel dat die beskuldigde op 17 Februarie die geleentheid sal kry om ’n formele borgaansoek voor die hof te bring en kommandeur Ndiyaamena in aanhouding beveel.

Die Minister van Verdediging, genl.maj. Charles Namoloh, het laat Saterdagaand eers uit die buiteland teruggekeer.

Hy het gesê hy is van die voorval ingelig, maar was nie bereid om enige amptelike uitlating oor die inhegtenisname van lt.-komm. Ndiyaamena te maak nie.