24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.01.2012

Vloedrisiko nie waarskynlik

© Jabus du Toit, Republikein
SLEGS as die hoë reënval in Angola voortduur of na groter gebiede uitbrei, kan ’n vloedrisiko in Namibië ontstaan.

Inwoners behoort nogtans gereed te wees sou ’n efundja oor die Namibiese grens spoel. Dit is die raad van die staatshidroloog, mnr. Guido van Langenhove, wat ook sê dat meetstasies in die Cuvelaioshanas die begin van vloede aandui.

“Reën het meestal plaaslik geval en het nie ver uitgebrei na die boonste opvangsgebied in Angola nie,” het hy gesê.

Volgens Van Langenhove is hoë reënvalsyfers in die sentrale dele van die Cuvelai-opvangsgebied aangemeld.

Op die volgende plekke is hoë reënvalsyfers (in millimeter) gisteroggend gemeet: Oshikango 90, Oshakati 79,8, Okahau 79,4, Odibo 70, Ondangwa 60,5, Oluno 51, Onayena 41,4, Okongo 36,5, Grootfontein 29,6, Nkurenkuru 24, Otjovazandu 23,5, Omuthiya 15, Katima Mulilo lughawe 14,3, Otjiwarongo 12,2, Okakarara 10,7 en Rundu 8,6.

Volgens Van Langenhove het nuwe vloedwater in die Kavangorivier by Nkurenkuru aangekom en die Zambezirivier het sy geleidelike styging by Katima Mulilo gehandhaaf.

As die huidige riviervlakke met die ooreenstemmende tyd verlede jaar vergelyk word, was die riviere verlede jaar voller. Wat die Zambezirivier betref, is die watervlak by Kalabo op 2,32 meter tans hoër as verlede jaar se 1,25 m.

By Kongola is die Kwandorivier se watervlak van 3,07 meter tans hoër as verlede jaar se 2,95 m.

Die weervoorspelling vir vandag vir die binneland is bewolk en koel tot warm met buie en donderbuie in die noordweste en elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met buie en donderbuie.

Langs die kus sal dit gedeeltelik bewolk en koel wees met miskolle in die suide soggens en buie langs die noordelike helfte van die kus. Die wind sal matig noordwes tot suidwes waai.