24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.01.2012

Vloede sluit byna 70 skole

© Placido Hilukilwa.
Omstanders moes kom help om ’n vers wat in die kanaal naby die Game-kompleks op Oshakati beland het, uit die water te kry. Dit het ’n geruime tyd geduur voordat die vers uiteindelik weer op droë grond kon staan. Lees meer op bl. 2 oor ongeveer 70 skole in die Omusatistreek wat slegs ’n week nadat die skooljaar begin het, weens vloede moes sluit.

LEERLINGE van ongeveer 70 skole in die Omusatistreek kon slegs ’n week nadat die skooljaar verlede Dinsdag ’n aanvang geneem het, nie na die banke terugkeer nie as gevolg van vloede wat ongewoon vroeg voorgekom het.

Die onderwysbeplanner vir die Omusatistreek, mnr. Franco Kolofu, het gister bevestig dat 68 skole moes sluit nadat dit vir dae aaneen gereën het.

“Hierdie streek word normaalweg nie in so ’n mate deur vloede getref soos ander streke in die Noorde nie,” het Kolofu gesê.

Hy meen dat mense nie op hierdie natuurverskynsel voorbereid was nie.

Kolofu het gesê dat dit voortydig is om die gevolg op die akademiese termyn te bepaal.

Sou hierdie situasie v i r ’n maand voortduur, sal die onderwysers daarvoor moet instaan en leerlinge sal dalk nie die voorreg van die volgende vakansie geniet nie.

Op ander plekke in die land is ook hoë reënvalsyfers aangeteken. Op Gifpyl by Noordoewer het die meter teen gisteroggend op 93 mm gestaan. Op Gobabis het 31,4 mm geval en op Grootfontein is 33,4 mm aangeteken.

Die weerkantoor het voorspel dat die ergste reën reeds verby is, hoewel die noordooste van die land nog vir die res van die week ’n paar buie kan ontvang.