9.05.2008
Vliegongeluk in Windhoek
'n Cessna 210 van Scenic Air het omstreks negeuur Vrydagoggend 'n noodlanding gedoen pas nadat dit van die Eros-lughawe in Windhoek opgetyg het. Die vlieënier het in lyn met die aanloopbaanwat van suid na noord strek die noodlanding uitgevoer.
In die proses het die vliegtuig 'n paar boomtoppe geraak en het daarna in die hoogspanningsdraad bo TransNamib se Gammansopleidingsentrum vasgevlieg waarna dit neus eerste teen ‘n treinwa neergestort het. Die vlieënier en die twee mans en twee vroue aan boord, wat glo na die Mokuti Lodge naby Namutoni onderweg was, is beseer. Volgens inligting is die passasiers toeriste uit Amerika.
Klik op die foto om die fotogallery te vertoon.
In die gallery sal jy na die volgende of die vorige foto's kan aanbeweeg deur in die linker- of die regterkant van die foto te klik. Alternatiewelik kan jy die sleutel "T" gebruik vir terug, "V" vir vorentoe of "M" om die fotovenster toe te maak.