In Augustus verlede jaar is die wêreldbekende ruiterstandbeeld by die Alte Feste in Windhoek van sy voetstuk gelig, toegedraai in verpakkingsmateriaal en tydelik geberg. In sy plek word die Onafhanklikheidsmuseum gebou.
In die tussentyd is daar hard gewerk om 'n nuwe tuiste vir die ruiterstandbeeld te maak, net 'n paar meter weg van waar dit altyd gestaan het. Vrydag, 26 Februarie, is die ruiterstandbeeld weer teruggebring en vasgemaak aan sy voetstuk.
Mnr. Gerd Keding, wie ook betrokke was by die verskuiwing, het hierdie skittervideo geneem en aan Republikein beskikbaar gestel. Dit is in twee gedeeltes verdeel, een van die verwydering van die standbeeld van sy vorige staanplek en die gebeure van Vrydag.