8.02.2012 Veterane op oorlogspad
VOORMALIGE oorlogveterane op Eenhana sal opruk na Windhoek indien nie voor 10 Mei aan hul eise vir N$200 000 se kontantuitbetaling gehoor gegee word nie.
Hulle soek nie finansiering vir inkomste genererende projekte vir die bedrag soos deur die Regering voorgestel is nie, maar kontantuitbetalings omdat baie van hulle reeds bejaard is en nie tot fisiese werk in staat is nie.
Boonop beskik meeste van hulle nie oor grond of die nodige opleiding as boere nie. Hulle eis ook ’n betaling van N$10 000 vir begrafnisuitgawes asook beurse vir hul kinders.
– Nampa
|