24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

19.04.2011

N$316 miljoen vir IKT-begroting

© Republikein
Hon. Joel Kaapanda
DIE Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie gaan vir die volgende jaar meer as N$316,4 miljoen benodig om sy taak uit te voer. Die Minister, mnr. Joel Kaapanda, het die instansie se begroting aan lede van die Nasionale Vergadering voorgelê en gesê sy Ministerie het al sy begrotingsteikens van die vorige boekjaar bereik. Mnr. Kaapanda het vyf nuwe programme bekendgemaak wat die Ministerie vanjaar gaan onderneem.

Die eerste program hanteer die verbetering van die vloei van inligting en om te verseker dat die media vir alle Namibiërs toeganklik is. In die verband sal die New Era onder andere drie nuwe kantore op Keetmanshoop, Rundu en Katima Mulilo open. Mnr. Kaapanda het daarop gewys dat N$134 416 000 vir die eerste program begroot is. Die tweede program behels die verbetering van elke Namibiër se vermoë om Regeringsbeleide en -programme te verstaan, waarvoor N$21 091 000 begroot is. Mnr. Kaapanda het daarop gewys dat die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie beoog om onder die program bestaande inligting te herskryf, sodat dit meer verstaanbaar sal wees.

Hierbenewens sal die Ministerie voortgaan om gereelde publikasies die lig te laat sien en verhoudinge met die media in die land te verbeter. Ingevolge die derde program beoog die Ministerie om toegang tot inligting, onderwys en kommunikasie deur middel van nasionale veldtogte verder uit te brei en is N$13 375 000 vir die doel begroot. Onder die program sal die nasieskap en nasionale trots projek in werking gestel word. Onder die vierde program waarvoor N$134 662 000 begroot is, beoog die Ministerie om te verseker dat die mediasektor in die land die nasionale ekonomie kan bevoordeel.

In die verband sal finansiering vir vyf kort films deur die Namibiese Filmkommissie beskikbaar gestel word. Hiermee saam wil die Ministerie ook ’n nuwe skema bekendstel waarin internasionale filmvervaardigers na die land gelok sal word om sodoende inkomste uit die filmbedryf te kan verhoog. Terselfdertyd sal die nasionale uitsaaier die voortou neem met die oorskakeling van analoogna digitale uitsending.

Die vyfde program behels die voordelige gebruik van inligting en kommunikasietegnologie. In die verband het die Minister daarop gewys dat die uitsaaiwette van die land hersien gaan word om onder meer met die digitale uitsending van inligting in te skakel. Onder die plan sal e-gesondheid- en e-onderwyssentrums geïmplementeer word om die Pan-Afrikaanse e-netwerkprojek in te skakel en dit behoort aan die einde van die eerste kwartaal van die jaar afgehandel te wees.

Die Namibiese Kommunikasiekommissie sal onder die program oorskakel na outomatiese frekwensiebestuursagteware en twee bykomende hoëfrekwensiebestuurpersele sal op Mariental en in Windhoek opgerig word. Die begrotingsmotivering van die Ministerie van Inligting en Kommunikasietegnologie is sonder teenstand aanvaar en deur die lede van die Nasionale Vergadering goedgekeur.