24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

4.01.2012

Kieswetproses: vrae beantwoord

MET die oog op die openbare verhore wat die Kommissie vir Regshervorming en Ontwikkeling vroeg in die nuwe jaar landwyd gaan hou oor die kieswet, het die voorsitter van die kommissie, mnr. Sackey Shangala, sekere vrae oor die proses beantwoord.

Hoekom het die kommissie op regshervorming en ontwikkeling besluit om die hervorming van kieswette as projek te onderneem?

Die kommissie is ’n instansie wat kragtens die Wet op Regshervorming en Ontwikkeling van 1991 (Wet No. 29 van 1991 soos gewysig), tot stand gekom het met die doel om alle takke van die reg na te vors en aanbevelings vir die hervorming en ontwikkeling van hierdie wette te maak. In die uitvoering van sy mandaat het die kommissie dit nodig geag om die hervorming van die kieswet as projek te identifiseer, veral in die lig van die prominensie van onlangse verkiesingshof uitdagings. Dié wet is ook deur lede van die publiek geïdentifiseer toe hulle genooi is om voorstelle vir hervormingsprojekte te maak.

Hoekom is openbare verhore nodig?

Vir die kommissie se doeleindes is ’n openbare verhoor ’n platform wat deur die kommissie geskep word sodat interaktief met die publiek geskakel kan word. Dit kan in oop of geslote sessies plaasvind waar bydraes van die publiek ontvang word oor ’n saak wat hersien of hervorm word.

Die kommissie is gemagtig om kragtens die Wet met enige persoon of instansie te beraadslaag.

Die kommissie het ook magte wat deur die Hoërhof aan hom toegeken is om getuies te roep, hulle te ondervra en te vra dat boeke, dokumente of voorwerpe aan die kommissie voorgelê word.

Die plekke waar die openbare verhore sal plaasvind, word deur die kommissie bepaal en word gegrond op die tema of onderwerp wat ondersoek word. Dit mag gehou word in formele omstandighede ingevolge streng reëls of onder minder formele omstandighede soos deur die kommissie bepaal.

Wat is die betrokkenheid van die Verkiesingskommissie van Namibië in hierdie projek van die kommissie om die kieswet te hervorm?

Die kommissie sal die Verkiesingskommissie ten volle betrek by alle besprekings en beraadslagings wat uiteindelik tot die verslag sal lei. Dit word gedoen om ’n verbintenis te verseker tussen die praktiese aspekte van die hou van verkiesings en die regsraamwerk wat as uitvloeisel van hierdie projek voorgestel word.

Die Verkiesingskommissie sal byvoorbeeld die beste in staat wees om die kommissie asook die publiek leiding te gee oor onder meer die samestelling van die kieserslys en die stelsel van aangebode stemme, hoekom dit bestaan en keuses te bied, sou besluit word om daarmee weg te doen.

Dit sal nie goed wees om die Verkiesingskommissie uit te sluit nie omdat die aanbevelings wat uiteindelik gemaak word, ’n impak sal hê op die aanbied van verkiesings. Dit sluit in die rol van die Verkiesingskommissie as die uitsluitlike gesag in Namibië om verkiesings aan te bied, daaroor toesig te hou en dit te beheer.

Hoe sal die kommissie die proses lei om die kieswet te hervorm?

Die eerste stap wat deur die kommissie gedoen is, was om alle geregistreerde politieke partye saam te roep en oor die projek in te lig. Dit het in Augustus 2011 plaasgevind.

Betekenisvolle bydraes is deur die politieke partye gelewer oor hoe die kommissie sy ondersoek moes doen, die proses moes hersien en kieswette in Namibië moes hervorm.

Ná hierdie beraadslagings, is politieke partye genooi om geskrewe voorleggings te maak oor hul voorstelle vir die hervorming van die kieswet, in ’n breë sowel as noue verband. Dit moes gegrond wees op die huidige regsraamwerk en in die besonder op spesifieke wysigings aan die teks van die kieswet.

Hierna sal die kommissie met elke individuele politieke party vergader om meer duidelikheid te kry oor voorleggings wat gemaak is.

Ten einde die breër publiek en burgerlike samelewing se insette te kry, sal openbare verhore landwyd gehou word om so ver moontlik ’n wye bydrae van gedagtes oor die hervorming van die Kieswet in te win.

Hierna sal ’n verslag opgestel word met of sonder konsepwetgewing, waarin die uitslag van die openbare verhore, die een-tot-eenberaadslagings en die voorleggings deur politieke partye vervat is.

Die verslag en die konsepwetgewing sal weer vir insette aan ander deskundiges voorgelê word alvorens dit met die politieke partye vir verdere kommentaar bespreek sal word.

Die kommissie sal die finale verslag goedkeur waarna dit aan die Minister van Justisie voorgelê sal word, soos die wet vereis.

Watter voordeel is daar vir lede van die publiek om aan die openbare verhore deel te neem?

Die openbare verhore bied die publiek die geleentheid om hul menings te lug en kommentaar te lewer. Dit is ook die beste geleentheid om met voorstelle vorendag te kom oor hoe om verkiesings só aan te bied dat elkeen sy reg om te stem ten volle kan geniet.

Die kommissie nooi die publiek om die openbare verhore by te woon en hul bydraes te lewer, vrae te vra en ook hul wense uit te spreek oor hoe verkiesings aangebied moet word. Lede van die publiek kan hierdie bydraes in hul eie taal maak aangesien vertalers by al die openbare verhore beskikbaar sal wees.

Diegene wat nie die openbare verhore kan bywoon nie, kan skriftelike voorleggings onder die opskrif: “Electoral Law Reform Project – Suggestions” maak aan die sekretaris van die kommissie op regshervorming en ontwikkeling, mnr. Tousy Namiseb. Dit kan gestuur word na Privaatsak 13302 Windhoek of per e-pos aan tnamiseb@moj.gov.na of gefaks word na 061 240064.

Regsgeleerdes kan hulle bydraes en voorstelle deur die Prokureursorde van Namibië of regstreeks aan die sekretaris van die kommissie maak.