18.08.2010 Veels geluk, President PohambaPRES. Hifikepunye Pohamba herdenk vandag sy 75ste verjaardag. Lees hier 'n oorsig oor die lewenspad wat hy geloop het en hoogtepunte in sy politieke loopbaan.
NA afloop van ‘n uiters geslaagde 30ste jubileum spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) herdenk Pres. Hifikepunye Pohamba vandag sy eie platinum jubileum, oftewel sy 75ste verjaarsdag.
Vir die hardwerkende President beteken ‘n verjaardag egter nie dat hy bietjie kan rus en asem skep na die besige tyd wat hy agter die rug het as gasheer en nuwe voorsitter van SADC nie.
Volgens woordvoerders by Staatshuis begin Pres. Pohamba se dag vanoggend oudergewoonte vroeg op kantoor met sy eerste afspraak om 09:00.
Om 12:30 kan die President bietjie ontspan wanneer die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, me. Martha Namundjebo-Tilahun, besoek kom aflê om ‘n verjaarsdagpersent vir die President te bring.
Net daarna sal ‘n verteenwoordiger van Standard Bank Namibia ook ‘n draai by die President maak met ‘n geskenk en goeie wense. Die res van die dag is net ‘n gewone werksdag vir die Staatshoof.
Republikein publiseer vandag ‘n oorsig oor onderhoude wat die afgelope jare met Pres. Pohamba gevoer is waarin hy onder meer praat oor die uitdagings wat die land in die gesig staar en kwessies wat hom na aan die hart lê.
‘n Fotobeeld van hoogtepunte van die afgelope vyf jaar wat hy die staatshoof van Namibië is, verskyn ook hier.
|