Warning: getimagesize(/var2/www/html/newspaper/images/China-Town-3.jpg) [function.getimagesize]: failed to open stream: No such file or directory in /var/www/html/newspaper/typo3conf/ext/sbcontentelements/pi2/class.tx_sbcontentelements_pi2.php on line 202
Vakbond roer pot in China se Town
Advertensie
Advertensie

Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Lesers 2010


Kyk saam!

Moorddossier


Advertensie
Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

25.08.10

Skaduwêreld ontbloot

23.08.10

Ongeluk eis bekende

23.08.10

Nujoma: Vat die grond

24.08.10

Tragedie in sjebeen

2.07.2009

Vakbond roer pot in China se Town


Me. Hainana Welhelm (links) lees die petisie af aan mnre. Kiros Sackarias (Nafau) en Rong Qing Xu wat die versoekskrif ontvang het.

GENOEG was gister oorgenoeg vir werkers by China Town in die Noordelike Nywerheidsgebied. Genoeg van kaalhand sonder handskoene toilette vir hul Chinese base skrop en kaalhand die honde en katte se uitwerpsel verwyder.

“Sommige van ons werk in omstandighede waar geen beskermende klere gedra word nie.

“Ons word nie as mense gereken nie en ons word enige naam genoem wat by hulle opkom, terwyl ook vernederende woorde teenoor ons geuiter word sonder enige respek,” het die werkers by China Town gister in ’n petisie gesê wat hulle aan die China/Namibië Kamer van Koophandel se sekretaris-generaal, mnr. Rong Qing Xu, oorhandig het.

“Ons glo daarin dat die Chinese teenwoordigheid in Namibië die antwoord is vir die werkloosheid onder Namibiërs, maar hierdie oplossing is nie van ’n hoë gehalte nie,” het die petisie gelui.

Die sowat 60 werkers het voor die toegangshekke na die China Town kettingwinkels hul elfpunt-eis afgelees in die teenwoordigheid van die sekretarisgeneraal van die vakbond Nafau, mnr. Kiros Sackarias, mnr. Xu en die polisie wat op ’n gereedheidsgrondslag was vir moontlike gebeurlikheid.

Hulle het in die versoekskrif aangedring op verhoogde salarisse vanaf N$350 per maand tot tussen N$800 en N$1 500, afhangend van die soort werk wat hulle verrig.

“Ons kry geen jaarlikse verlof nie en hulle betaal jou ook nie al werk jy op ’n vakansiedag. Ons wil asseblief jaarlikse verlof hê.

“Wanneer ’n mens siek word en vra om ’n dokter te gaan sien, word jy toestemming gegee, maar dan word geld afgetrek, al bring jy ook ’n mediese sertifikaat.

“Geen werker onder die Chinese is by die Maatskaplike Voorsorkommissie geregistreer nie. Indien ’n werker swanger word, gaan sy op onbetaalde siekverlof. So ’n vrou moet dan weer sorg om so gou as moontlik terug te kom, anders verloor sy haar werk.

“Ons het hulp nodig, asseblief,” het die groep beklemtoon.

Die petisie lui voorts dat die werkers van Maandag tot Sondag werk sonder om voldoende oortyd betaal te word. En as jy afwesig is van die werk, word jy summier afgedank.

“Net ’n paar van ons kry etenstyd van hoogstens ’n halfuur, terwyl die res geen etenstyd, kos of oortyd kry nie.

“Baie min kry ’n bonus aan die einde van die jaar.

“Wanneer ’n familielid tot sterwe kom, kry jy af as jy daarvoor vra, maar jy sal nie daarvoor betaal word nie,” lui die versoekskrif.