24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

2.09.2009

UDF mobiliseer vir November

© Theo Gurirab
Van links verskyn mee. Ernestine Harases (nasionale voorsitter van UDF se Vroueliga), Magreth Pieters (adjunk-sekretaris-generaal), Dorca Shikongo (sekretaris-generaal), koning Justus //Garoëb, president van die UDF, mee. Sofia !Nowases (sekretaris van inligting en publisiteit), Johanna Gau-goas (sekretaris van finansies) en Anna !Gaoses (bemagtiging en vrouesake).

DIE president van die UDF, koning Justus //Garoëb, het in geen onduidelike taal ’n waarskuwing gerig dat deelnemende partye aan die komende Presidents- en parlementêre verkiesings merkwaardige positiewe veranderinge in die UDF te wagte moet wees. Hy het die waarskuwing gerig toe hy Vrydag die kongres van UDF se Vroueliga in Katutura geopen het.

Met hierdie uitspraak as die hoeksteen en fondament waarop die party se visie gebaseer is, het die vroue uit die meeste streke van die land onder hul slagspreuk “Bemagtig jouself” die dag se vergadering begin. Die Vroueliga het tydens die vergadering ’n vierpunt prioriteitsplan voor die komende verkiesings bekendgemaak wat al die vroue in die land asook in die res van die wêreld raak.

“Die Vroueliga van die UDF is gereed om sy party te ondersteun in die November-verkiesings om ’n oorwinning vir sy party te verseker. UDF gaan hom op verskeie programme en veldtogte beroep om ’n oorwinning te verseker,” het die sekretaris-generaal van die UDF se Vroueliga, me. Dorca Shikongo, Vrydag in Windhoek gesê.

Sy het voorts ’n versoek tot al die deelnemende politieke partye in die land gerig om vroue se verteenwoordiging op ’n 50 persent grondslag te stel. Volgens haar is die UDF oorgehaal om die 33 persent verteenwoordiging van vroue in die party se strukture tot 50 persent te verhoog.

Ook die adjunk-sekretaris-generaal van die Vroueliga, me. Magreth Pieters en haar kollegas het veral tydens die kongres die klem gelê op behuising en die gepaardgaande aspekte. Die Vroueliga het hom voorts uitgespreek teenoor geweld teenoor vroue en kinders.

“Die Vroueliga is hoogs ontsteld oor die wyse waarop vroue, meisies en kinders in die afgelope paar jaar in die land vermoor word asof hulle kuikens is. Ons versoek die President van die land, die presidente van die politieke partye, parlementariërs en die regstelsel om hierdie saak ernstig op te neem en gepaste strawwe toe te pas om sodoende ons en die gemeenskappe se veiligheid te waarborg,” het me. Shikongo gesê.

Die kwessie van Ongombo-Oos is ook deur die Vroueliga aangehaal en veroordeel. “Ons is hoogs ontevrede met die wyse waarop die kwessie hanteer is. Onskuldige, kwesbare vroue en kinders is met oordadige geweld in hegtenis geneem en sonder enige respek behandel.

Ons vra die Regering om nie weg te skram van sy verantwoordelikheid nie en die bul by die horings te pak met die doel om ’n dringende oplossing te vind. “Een groep van die gemeenskap moet nie ten koste van die ander bemagtig word nie, want sodanige optrede deur ’n onafhanklike Regering in Namibië skaad die gees van nasionale versoening en nasiebou,” het die Vroueliga gesê.