24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

9.03.2010

Tuindorp se Katamila in November terug

© Republikein
Mnr. Ben Katamila
DIE man wat weens interne griewe uit Swapo geskors is in aanloop tot einde verlede maand se tussenverkiesing op Okahandja en wat uiteindelik as onafhanklike kandidaat gestaan het, mnr. Ben Katamila, sê sy naam gaan beslis in November se landwye plaaslike en streekverkiesings terug op die stembrief wees.

Mnr. Katamila het by navraag gelag toe Republikein wou weet of pogings vanuit die regerende party aangewend was om hom te “rehabiliteer.”

Ondanks versoeke van die Rally for Democracy and Progress (RDP) dat hy by die nuwe amptelike opposisie moet aansluit, het mnr. Katamila benadruk dat hy geen sulke planne het nie. Hy wil hierdie keer vroeg al met sy veldtog begin.

Volgens mnr. Katamila verstaan gewone mense “en die ECN (Verkiesingskommissie)” nie die begrip “onafhanklik” nie. Hy is dus besig met planne om aan die einde van die jaar onder ’n duideliker en meer verstaanbare vaandel steun te werf.

Nadat die hoofverkiesingsbeampte vir die Okahandja- tussenverkiesing, mnr. Edward Hauanga, lank verseker het dat hy absoluut niks weet van die afdanking van ’n toesighoudende beampte by ’n mobiele stembus halfpad deur stemdag nie, sê die man wat die trekpas gekry het, mnr. Boetietjie Haoseb, dit was mnr. Hauanga self wat opdrag gegee het dat hy sy ry moes kry omdat sy naam op mnr. Katamila se nominasielys was.

Mnr. Haoseb het nog nie die saak met die ECN bespreek nie en hy is ook nie seker of hy wil nie. Met Republikein se mees onlangse navrae het mnr. Hauanga aangevoer dat hy vir ’n mandaat van die ECN wag om die voorval te ondersoek. Hy het terselfdertyd egter gereken dat sy gesag as hoofverkiesingsbeampte reeds verval het.