Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

27.11.2009

Tref só voorsorg vir die langpad


EEN van die mismoedigste tonele langs ’n besige vakansieroete is ’n bedremmelde motoris met sy kop onder ’n opgeslaande enjinkap ingedruk of iemand wat besig is om bagasie uit die kattebak te laai om die noodwiel by te kom.

Enjin- en buitebandprobleme kan grootliks voorkom word deur die motor betyds te laat versien.

As die wenke gevolg word, sal die motor volgens kenners ook langer hou.

Met gerief in gedagte, is dit ’n goeie plan om die lugversorger te laat nasien.

Die grootste oorsaak van enjinprobleme in die somer is oorverhitting, dus moet dit verhoed word. Die verkoelingstelsel behoort elke twee jaar heeltemal uitgespoel en hervul te word.

Laat versien gereeld die toestand en konsentrasie van die verkoelingsmengels. Gewoonlik word ’n mengsel van die helfte water en teenvriesmiddel aanbeveel.

As kort ritte gereeld onderneem word of lang ritte met swaar bagasie of ’n sleepwa aangepak word, moet die olie en oliefilter meer dikwels vervang word as wat die voertuig se diensboek aanbeveel.

As dikwels in stowwerige toestande gery is, moet die ander filters soos lug- en brandstoffilters ook meer dikwels vervang word.

Laat vervang die ruitveërs. ’n Vuil voorruit maak die oë moeg en kan gevaarlik wees. Kry ook genoeg seep vir die ruite.

Vervang stukkende ligte en gloeilampies en vee gereeld stof, modder en dooie insekte met ’n nat lap van die ligte af. Laat die remme gereeld nasien en laat ondersoek instel na remme wat snaakse geluide maak of nie bevredigend werk nie.

Maak seker die bande is nie glad nie. Moenie die noodwiel vergeet nie. Laat dit oppomp en maak seker die domkrag werk.

Versorg die battery deur die kontakpunte skoon te maak en die boute goed vas te draai. As die battery kan oopmaak, moet die batterywater maandeliks nagesien en aangevul word indien nodig.

Pak die noodsaaklikste gereedskap, ’n flitslig en noodhulpkissie in.