Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

27.11.2009

Towermooi landskappe


NAMIBIË is ’n land van veelsydigheid en reusevlaktes, maar ook ’n land van towermooi landskappe, mense, plante en diere. Een van ons mooiste gebiede is voorwaar Damaraland.

Die area is een van Namibië se droogste gebiede met wonderlike natuurskoon.

Dit is sowat 200 km by 600 km groot en strek van die Hoanibrivier in die noorde tot naby Swakopmund in die suide.

Sy landskappe is asemrowend, die grond ’n geoloog se droom. Die oop vlaktes verander in graslande sodra ’n paar millimeter reën geval het en dan word die landskap letterlik in ’n paradys omskep.

Die omgewing lyk so onheilspellend, maar by nadere ondersoek is daar honderde plantjies en diertjies wat net wag om hul koppe uit te steek. Eintlik ’n klein gebied, maar inderdaad baie om te sien! Vir die Namibiese besoeker of iemand wat minder tyd het, is daar talle plekke wat maklik toeganklik is, soos die Brandberg-massief, Namibië se hoogste berg en tuiste van die wêreldbekende White Lady (wat eintlik ’n man is!). Vir besoekers is die suidelike deel van Damaraland maklik verkenbaar, maar daar word nie oordryf as ons waarsku om nie van die hoofpaaie af te wyk nie.

Moet ook liewer nie sonder die basiese voorraad kos en veral water die pad aanpak nie. Die gebied is in elke opsig van die woord hard.