Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Toerisme sonder grense bemark


“VERLIEF op een oorgrensbewaringsgebied? Word verlief op almal!” Dít is die ambisie van ’n nuwe sambreelhandelsmerk vir toerisme in Suider-Afrika, Boundless Southern Africa. “Ons wil ver bruikers se begrip versterk van hoe toerisme in oorgrensbewaringsgebiede (TFCA’s) tot die omgewing en die welstand van gemeenskappe bydra – die waardetoevoegingfaktor.”

Me. Leonore Beukes, bemarkingsbestuurder van Boundless Southern Africa, sê die bestuur van TFCA’s is van so ’n aard dat dit bewaring en toerismegemeenskappe oor internasionale grense bymekaar bring. “Die handelsmerk is ’n manier om bewaring en gemeenskapstoerisme so te laat saamwerk dat dit ’n eenheid vorm en dieselfde doel nastreef.”

Met die oog op ’n ontploffing van toerismegeleenthede wat die 2010 Wêreldbekersokkertoernooi kan bring, het SAOG-lande besluit om alle ontwikkeling in die opbou na die geleentheid vaartbelyn te maak. In die Suid-Afrikaanse departement van omgewingsake en toerisme is ’n TFCA 2010-ontwikkelingseenheid op die been gebring om dié taak aan te pak. As deel van hul taak, was die ontwikkeling van dié handelsmerk onontbeerlik.

Die handelsmerk is in Mei vanjaar by die Durban Indaba bekendgestel en dra die leuse “Natuur, Kultuur, Gemeenskap”. Die oogmerk is dat betrokkenes in die toerismestreek in alle SAOG-lande die handelsmerk so spoedig moontlik hul eie maak en dit by hulle daaglikse aktiwiteite inkorporeer. Die Namibiese Toerismeraad (NTB) was die eerste om ’n stap in die rigting te neem deurdat die Boundless-handelsmerk op die raad se tuiswebwerf pryk.

Tydens ’n voorlegging oor die handelsmerk verlede week aan betrokkenes in die toerismesektor het me. Beukes gesê die bemarking en bewusmaking van die handelsmerk is nou van uiterste belang. “Daar is verskillende metodes om dit by bemarking te inkorporeer, maar die maklikste sal wees om by dit by bestaande bemarkingsaktiwiteite te voeg.”

Dit is onder meer webwerwe, reisgidse en -brosjures en ’n sterk verteenwoordiging daarvan by handelskoue soos die Durban Indaba, World Travel Market (WTM) in Londen en die Internasionale Toerismemark (ITB) in Berlyn. Agentskappe wat direk met toerismeaktiwiteite onder die vaandel van Boundless werk, moet die handelsmerk teen 20 Oktober vanjaar implementeer.

“Dit sal ’n bewys wees aan beleggers dat die lande saamwerk met een doel voor oë.” Intussen moet toerismemaatskappye in Namibië daadwerklik begin om die handelsmerk op bemarkingsbladsye te plaas. “’n Voorstel is ook om in bestaande gidse en tydskrifte op dubbelbladsye bewusmaking oor Boundless te skep.

“Dié bemarkingsbrosjures moet teen die 2009 Durban Indaba gereed wees.” Me. Beukes het gesê haar eenheid sal foto’s en teks vir die bewusmaking voorsien. Sy het ook gesê toermaatskappye kan daaraan begin dink om bestemmings onder Boundless Southern Africa in reisplanne in te werk.