Onafhanklikheid ook Ou Lokasie se vrug

MODERNE geriewe soos water uit ?n kraan in plaas van dit met ?n emmer uit die reservoir skep, elektriese krag in plaas van paraffienlampe,?n spoeltoilet per huis in plaas van ?n puttoilet vir die gemeenskap.

Dit was alles voordele wat in die nuut opgerigde buurt gebied was aan die inwoners wat in die Ou Lokasie op die rand van Windhoek gewoon het. In 1959 het verset teen die verskuiwing na Katutura, ?die plek waar dit nie goed is om te woon nie?, toegeneem ? en met goeie rede. In die Ou Lokasie wat aan die dorp gegrens het, het bure ongeag wie hulle was, bande gevorm in teenstelling met elke bevolkingsgroep wat in Katutura sy eie, toegewese woongebied sou moes bewoon. Kleurlinge sou daarenteen in ?n totale ander deel van Windhoek gehuisves word. In die nuwe buurt was die inwoners ook deur middel van ?n niemandsland van 5 km breed op ?n afstand van die res van Windhoek gehou.

Hierdie verskillende woongebiede het ook met wetlike en ekonomiese diskriminasie gepaard gegaan.

In die Ou Lokasie het baie inwoners die grond en huisies besit waarin hulle gewoon het. In Katutura het alles aan die munisipaliteit behoort. Vanaf die Ou Lokasie kon hulle dorp toe stap, vanaf Katutura sou hulle van munisipale busse gebruik moes maak. Klein heffings was in die Ou Lokasie betaalbaar teenoor bus- en hoë huurgeld wat in Katutura op hulle gewag het. Hulle het voldoende ruimte gehad om tuine in die Ou Lokasie aan te lê terwyl die erwe in Katutura slegs ?n smal strokie grond rondom die huise gehad het. Verder het polisie-optrede teen sjebeens en die brou van bier om die monopolie van munisipale biersale te vestig, baie mense hul bron van inkomste ontneem.

Volgens ?n woordvoerder van die gemeenskap was die inwoners van die Ou Lokasie bewus daarvan dat die apartheidsregering na ?swart diamante? verwys het. Hulle het egter besef dat nie slegs karakoelskape nie, maar ook die swart bevolking bedoel was. Hulle was in ?n baie groot mate aangewese op werk aangesien hoë lewenskoste en ?n gebrek aan eiendom hul persoonlike vryheid en vordering in die gemeenskap erg aan bande gelê het. Arbeid was dus volop ? en goedkoop. Afgesien van die politiek van die dag, was die onderliggende wrang smaak wat almal ervaar het die feit dat hulle hul geliefde woonplek moet verlaat.

Teenkanting teen die verskuiwing na Katutura het laat in 1959 breekpunt bereik toe die hoogste gesag in die land, die Administrasie van Suidwes-Afrika, in die dispuut bygesleep is.

Op 8 Desember van daardie jaar het honderde vroue na Suidwes-Afrika-huis in die destydse Leutweinstraat (vandag Robert Mugaberylaan) in Windhoek opgeruk om die administrateur- generaal, mnr. Daan Viljoen, te konfronteer. Hy het egter geweier om hulle te woord te staan en ?n versoekskrif van hulle te ontvang. Die landdros wat teenwoordig was, het eweneens geweier.

In reaksie het die inwoners van die Ou Lokasie op 10 Desember met ?n boikot hoofsaaklik teen die groot biersaal begin. Honderde mense het daar saamgetrek, hoewel sommige nie aan die boikot wou deelneem nie. Hulle is met klippe bestook en drie van die klipgooiers is in hegtenis geneem. Die skare se wrewel het toegeneem en teen ongeveer 22:00 het wit polisiemanne as versterkings opgedaag en die mense herhaalde kere versoek om uiteen te gaan. As teenvoeter het die skare daarop aangedring dat die klipgooiers wat in hegtenis geneem was, vrygelaat word. Dit was ?n gelaaide, dodelike impasse met ongeveer 2 000 inwoners, sommige bewapen met klippe en ysterstawe teenoor 36 polisiemanne wat oor twee submasjiengewere, twee gewere en 17 rewolwers beskik het.

Na die tyd was dit onmoontlik om te bepaal of klippe eerste gegooi was en of die polisie eerste geskiet het. Beskou teen die agtergrond van die konflik wat oor dekades tussen die swart bevolking en die heersers van Europese afkoms opgebou het, is wie die geveg begin het van mindere belang. Met voertuie en geboue wat in ligte laaie gestaan het, het die klipgooiery en geweervuur vir ongeveer twee ure geduur tot kort na middernag toe ?n gepantserde weermagvoertuig op die toneel verskyn het. Teen daardie tyd het 13 burgerlikes gesterf wat ene Anna Mungunda ingesluit het wat skynbaar die burgemeester se voertuig aan die brand gesteek het. Altesaam 44 burgerlikes was gewond met die polisie wat nege gewondes in sy geledere gehad het.

Die Ou Lokasie se inwoners was hierna gedwing om na Katutura te trek en hul woonplekke was een na die ander deur kruiptrekkers platgestoot. Die laaste inwoners het in 1964 hul intrek in Katutura geneem.

Hierdie slagting het duidelik getoon dat die apartheidsregering geen teenstand sou duld nie en wanneer nodig, van geweld gebruik sou maak soos die Sharpeville-voorval in Suid- Afrika getoon het.

Die 10de Desember 1959 dui in Namibië op die begin van die stryd om onafhanklikheid. Oudpresident Sam Nujoma, medestigter en leier van die weerstandsbeweging, was daardie aand ook teenwoordig. In April 1960 het hy in ballingskap in die buiteland gegaan van waar hy die vryheidstryd beheer het. Dertig jaar later gedurende Namibië se eerste jaar van onafhanklikheid, het hy die herdenkingsgeleentheid van die aand van 10 Desember 1959 se gebeure bygewoon.

?Toe ek die liggaam van me. Mungunda gesien het, het sy in die dood vir my pragtig gelyk. Dit het my gemotiveer om met die bevrydingstryd voort te gaan?, het hy gesê.

Die 10de Desember word sedert 1990 as Internasionale Menseregtedag asook Vrouedag gedenk.

Aan die slagoffers van 10 Desember 1959 word in die begraafplaas van die Ou Lokasie hulde gebring.

Facebook kommentaar