24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

3.09.2010

Jakkalse kom hul moses teë

Gondwana Geskiedenis - #4

Jakkalse in die Suide was nog altyd ’n groot kopseer vir die kleinveeboere. Maar ’n boer maak ’n plan en ná die proklamasie van die Wet op Ongediertes is daar ’n jakkalsklub in die Karas-distrik gestig. Vervolgens ’n uittreksel uit ’n onderhoud wat deur Mannfred Goldbeck met Jannie van Niekerk, destydse eienaar van die plaas Groenrivier in die Karasberge, gevoer is.

© Verskaf deur Gondwana Collection
Die Jakkalsklub van die Karas-distrik het aanvanklik uit 72 lede bestaan. Hier is 52 van die lede afgeneem.

In 1957 word die Ongediertewet geproklameer, wat in 1958 onder meer tot die stigting van die jakkalsklub deur die Keinab Boerevereninging in die Karasdistrik gelei het. Jannie van Niekerk was die sekretaris van die klub. Aanvanklik het die lidmaatskap uit 72 ruiters bestaan.

Nagenoeg 18 plase was deel van hierdie klub. Dit was verpligtend vir elke lid om elke Donderdag die byeenkoms by te woon. Indien nie is ’n boete gehef en in ’n fonds vir die klub gehou.

Elke week is daar na een of meer van die plase gery om jakkalse te vang. Vir elke 6 000 hektaar moes die plaaseienaar en ’n hulpruiter teenwoordig wees. Vir elke bykomende 4 000 hektaar moes hulle deur ’n tweede hulpruiter vergesel wees.
© Verskaf deur Gondwana Collection
Op een van die vele jagtogte het die jakkalsklub dié jagluiperd van kant gemaak.
Reeds die dag voor die jagtog is die perde wat gebruik sou word, deur die plaaswerkers vanaf die onderskeie plase na die vertrekpunt vir die volgende dag aangejaag. ’n Interessante verskynsel was die vermoë van die perde om ná die jagtog weer terug te gaan in die rigting van die plase waarvandaan hulle gekom het én boonop nog by die regte plaashek in te draai.

Boere het hulle honde saamgeneem en nooit was daar ’n bakleiery tussen die vierpotiges nie. Die jagtog het altyd voordag begin en namiddag is die perde weer terug na hulle plase gestuur. Ongeveer 200 km is dan oor twee dae afgelê.

Gewoonlik is een of twee jakkalse doodgemaak, maar op een geleentheid is daar vyf jakkalse doodgemaak. Soms was die boere glad nie suksesvol nie. Meestal is die jakkalse deur die perde doodgetrap of deur die honde doodgebyt.

Partykeer is hulle ook lewendig gevang en vir die eienaar van die plaas gegee. Soos die keer op die plaas Nanses! toe Jannie van Niekerk met sy perd Vonk sowat sewe myl agter ’n jakkals aangejaag het en hy van die perd afgeduik het om die jakkals te vang en vir sy “eienaar” te gee.
© Verskaf deur Gondwana Collection
Lede van die jakkalsklub bespreek strategie voor een van die jagtogte begin.

Dit het voorgekom of die jagtogte die jakkalse onverskillig gemaak het. Baie jakkalse is saans, ’n dag of wat ná ’n jagtog, in slagysters gevang en met jakkalskanonne doodgemaak.

Min van die ruiters en perde het ernstig seergekry met die jagtogte. Op Groenrivier het Jannie van Niekerk se Boerperd-Flaam kruising, wat altyd onbeheerbaar geraak het as hy ’n jakkals gejaag het, sy kootgewrig gebreek. Dit het gebeur toe hy op ’n klip getrap en sy been gedraai het. Jannie sou hom eers vanaf die berg waar hulle toe was met ’n bakkie gaan haal het, maar het daarteen besluit. Die ysters op sy hoewe sou hom op die gladde bak laat gly het. Die perd het toe self terug plaas toe gestap, waar Jannie sy been gespalk het. Die been het weer aangegroei, maar met ’n verdikte groeisel en gevolglik kon hy nie weer as ryperd gebruik word nie.
© Republikein