 Kessler was een van die min Duitsers wat na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog nie na ’n interneringskamp gestuur was nie aangesien hy ’n te belangrike rol in die gemeenskap vervul het. Hy het Windhoek van vars melk voorsien en daagliks sy produk by huise, militêre kampe, hospitale en koshuise afgelewer. Hy was gevolglik van die weinige mense aan wie petrolkoepons toegestaan was, maar dit was net genoeg om een van sy twee voertuie op die pad te hou. Lees meer |