Donkiekarre: ’n Namibiese leefstyl

Hoewel minibustaxi?s, busse en bakkies beskou mag word as die moderne vervoermiddels van ?n Afrika wat al meer blootgelê word, is die donkiekar op die stofpaaie van die Namibiese platteland, weg van die digbewoonde stad en dorpe en die rumoer van die 21ste eeu, een van die mees basiese vorms van vervoer in hierdie land.

Die vele grondpaaie wat landelike Namibië deurkruis, is die lewensare van hierdie uitgestrekte land en is ideaal vir hierdie outydse vervoermiddel wat die eeue deurstaan het. Dit het ?n noodsaaklike metode van bekostigbare, nie-gemotoriseerde vervoer van mense en vir die dra van noodsaaklikhede soos vuurmaakhout en water geskep. Mense word van gehuggie tot gehuggie geneem, na en van putte en klinieke vervoer en danksy die donkiekar kan kinders by hul skole uitkom. Hulle is ?n algemene gesig in die landelike gebiede van suid na noord, oos na wes waar hulle meestal teen ?n pas beweeg wat met die lewe in landelike Afrika strook.
Hierdie tweewiel ?4x4?s? op die Nambiese stofpaaie word baie dikwels deur hul eienaars in status verhef met name soos Toyota, Ford, Opel en selfs Mercedes Benz en word deur spanne van tot vyf donkies getrek. Humoristiese beskrywings soos ?Take me home,? ?Lady man?, ?Barjero ? it?s a way of life? en ?The king of the road? word ook soms met die tong in die kies op die karre aangebring.

Die donkie is die afstammeling van die wilde Afrika- esel en was ongeveer 5 000 jaar gelede in óf Egipte óf Mesopotamië mak gemaak. Van daar het donkies na die res van die wêreld versprei om as pak- en trekdiere gebruik te word. Soos perde is donkies nie inheems aan suidelike Afrika nie, maar is daarheen gebring deur die eerste Nederlandse setlaars wat hulle in die middel van die 1600?s aan die Kaap die Goeie Hoop kom vestig het. Dié was ?n halfwegstasie vir skepe wat op hul roete na die Ooste om die punt van Afrika moes seil. Hierdie geharde spesies was as pak- en trekdiere gebruik, maar ook om muile te teel, ?n verbastering tussen ?n perdemerrie en ?n donkiehings. Muile was in groot aanvraag weens hul groter krag, sterker hoewe en die feit dat hulle vas op hul voete was.

Die eerste skeepsvrag muile en donkies is na bewering in 1656 in die Kaap afgelaai en donkies is na wat vandag as suidelike Namibië bekendstaan, in klein groepies ingebring deur setlaars wat die Garieprivier (Oranjerivier) in die laaste deel van die 18de eeu oorgesteek het. Teen die einde van die 19de eeu het Duitse setlaars donkies ingevoer om muile te teel vir militêre doeleindes, maar ook om op die diamantvelde te gebruik.

Gedurende die depressiejare ná die Eerste Wêreldoorlog het ?n instroming van Afrikaanse boere van Suid-Afrika plaasgevind. Hulle het almal noord getrek in twee- of vierwiel donkiekarre van hout wat die ossewa as vervoermiddel vervang het. Soos motorvoertuie egter in gewildheid toegeneem het, het baie donkiekarre se voorkoms verander aangesien dit toe gemaak kon word van dele van motorvoertuie wat op die ashoop beland het. Die gewildste dele was die bak ofte wel die agterste deel van die voertuig, asook agterasse en wiele met buitebande en vanaf die 1920?s tot 1940?s was donkiekarre dié vervoermiddel op plase.

Met die oplewing in die pelsbedryf in die 1940?s, was baie boere vir die eerste keer in staat om ?n motorvoertuig aan te skaf. Donkiekarre was gevolglik aan plaaswerkers gegee en dit het hul weg na die kommunale gebiede gevind waar dit tot vandag ?n gewilde wyse van vervoer geword het.

Met die voortdurende styging van brandstofpryse en die hoë koste van motorvoertuie, het mense al meer op donkiekarre vir vervoer aangewese geraak en dit het deel van die leefstyl en kultuur van landelike Namibië geword. Hierdie waardevolle karre is die Chevrolets en Subaru?s van die platteland met sommige wat spoggerig selfs nommerplate vertoon. Ook die donkies kry soms koddige name. Waar dit oorspronklik op bestelling gemaak is, is donkiekarre vandag ?n innoverende vorm van vervoer wat gemaak word van herwinde dele van motorvoertuie wat in skrootwerwe opgespoor word. Dit sluit die vellings en bande in en vir passasiers op ?n donkiekar is dit nie vreemd om elke paar kilometer eers te wag omdat die bande gepomp moet word nie.

In teenstelling met die inwoners van die noordsentraal streke in Namibië wat donkies hoofsaaklik gebruik het om hul lande te ploeg of om groot waterhouers te vervoer en met die Himbas wat dit as ry- en pakdiere gebruik, het die Namas en Damaras van die suidelike en westelike streke van die land die kultuur van die donkiekar met ope arms ontvang.

As ?n vreemde, maar interessante verskynsel vir toeriste is die donkiekar deel van die Namibiese reis. Jy weet jy is op die platteland wanneer jy jou eerste donkies op ?n draffie voor ?n donkiekar op die grondpaaie sien, net om weer tussen die lang, gebleikte gras te verdwyn. Net wanneer jy mag dink daar is nie nog ?n mens vir kilometers om jou nie, sal ?n donkiekar skielik op die horison verskyn. Sulke tye moet stadiger gery word om die insittendes van die donkiekar nie in stofwolke te laat verstik nie, waai en maak kennis met die kleurvolle mense van Namibië. Hulle sal sonder uitsondering terugwaai en glimlag en sal altyd tyd hê om ?n geselsie aan te knoop.

So ken ons ons donkiekar- mense.

Bronne: www.atnesa.org/donkeys/donkeys-mwenya-history- NA.pdf

www.en.wikipedia.org/wiki/Donkey