20.11.2009 Toekoms nou blinker
 25 San-kinders het nou die geleentheid vir opvoeding met die nuwe skool wat by die N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary onlangs geopen is. Hier staan die kinders saam met hul onderwyser, me. Jill Robson (middel, blou hemp) en die geldinameling- en bemarkingsbestuurder van N/a’an ku sê Wildlife Experience, me. Claire Wormley (tweede van regs), asook van die vrywillige werkers wat met die oprig van die skoolgebou gehelp het.
‘n BLINKER toekoms lê voor vir 25 San-kinders wat by die N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary woon, met die nuwe skool wat onlangs spesiaal vir hulle geopen is.
Die twee klaskamerskool is volgens die geldinsameling- en bemarkingbestuurder van N/a’an ku sê Wildlife experience, me. Claire Wormley, gebou met geld wat deur Clabile Trust, ‘n trust in die Verenigde Koninkryk, geskenk is. Die nuwe skool bied, volgens die huidige onderwyseres, me. Jill Robson, literatuur-, syfer-, Engelse, kuns- en kultuur- asook natuurbewaringklasse aan die kinders. Hulle kom van 24 families wat tans in die N/a’an ku sê-omgewing woon.
Volgens me. Wormley werk die ouers op die plaas van N/a’an ku sê asook by die N/a’an ku sê-lodge. Sy sê die doel is om die lewens van die gemarginaliseerde en arm gemeenskap te verbeter deur werkverskaffing, gesondheidsorg, opvoeding en verbeterde lewenstoestande.
Sy sê verder die skool sal die kinders die geleenthied gun vir opvoeding, iets waartoe hulle glad nie toegang het nie. Me. Robson is oorspronklik van Northumberland in Engeland en bied reeds sedert Januarie vanjaar rywillig klasse by die skool aan. Volgens haar ontvang die kinders onderrig in die bogenoemde vakke reeds op preprimêre vlak. Sy sê haar droom is dat hierdie kinders sal voortgaan met opvoeding en hul skoolloopbaan sal voltooi.
Me. Robson is net tot Januarie volgende jaar in die land waarna sy na Engeland terugkeer. ’n Namibiese onderwyser sal dus in haar plek aangestel word met die gevolg dat die leerplan van die skool by die Namibiese onderwysstelsel aangepas sal moet word.
Francios Olivier
|