25.07.2008

Toegang vir elke Namibiër gevra

Inligting- en Kommunikasietegnologie-beraad

© Francois Poolman
Mnr. Tau Mailula by die stalletjie van Cisco Systems, Inc.
“DIE konsep-kommunikasiewet doen in beginsel alles wat nodig is om operateurs regverdig te laat meeding. In sommige aspekte doen dit egter te veel omdat Namibië ’n klein mark is. Inderwaarheid is daar nog taamlik skuurwerk oor voordat die wet werkbaar toegepas sal kan word.”

’n Senior navorser en lektor aan die LINK-sentrum (Learning Information Networking and Knowledge Centre), dr. Christoph Stork, sê een van die kwessies in die wet wat potensieel probleme kan veroorsaak, is dat die Minister te veel ruimte vir “regulerende inmenging” gelaat het. “Die geleentheid bestaan wel om ’n regulerende raamwerk te skep wat mededinging vermeerder en die administratiewe las verminder.”
© Francois Poolman
Me. Karen Strauss van Business Connexion is op haar pos.
Dr. Stork was een van gas sprekers tydens Telecom Namibia se tweede Inligting- en Kommunikasietegnologieberaad (ICT-beraad) wat verlede week in Windhoek plaasgevind het. “Die kerngedagte is om so min as moontlik te reguleer, maar nie minder nie.”

Die konsepwet bepaal onder meer dat die Minister van Inligting en Kommunikasietegnologie ’n raad van vyf lede moet aanstel, regulasies moet uitvaardig en net ’n gespesifiseerde getal persone laat lisensieer om dienste te verskaf.
© Francois Poolman
Mnr. Johannes Andrin en me. Launa Isaack beman die Telecom Namibiastalletjie.
Dr. Stork sê: “Nee.” “Dit is te veel regulering. Die aanwysing van die raad, die goedkeuring van ’n begroting en die opstel van regulasies moet eer- der deur ’n liggaam soos die Nasionale Vergadering gedoen word. Die Minister moet onder meer net beleidaanwysings uitreik. “En betreffende die aantal lisensies wat uitgereik word.

Daar is geen rede waarom dit gedoen moet word nie. Dit is eenvoudig te veel regulering.” Tydens die amptelike opening van die beraad het die Adjunkminister, mnr. Raphael Dinyando, namens sy Minister, mnr. Joel Kaapanda, gesê ICT in Namibië moet werklik ingeslote wees. “Elke Namibiër moet maklik toegang daartoe hê – tot die infrastruktuur en bekwaamheid.”