24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.02.2010

Toe plase benadeel beeshandel

DIE verbod op die beweging van beeste na en van tien van die twintig gesluite plase in die Otjozondjupastreek is gister opgehef.

Agt van die tien plase wat nou nog in die polisie se ondersoekvisier is, behoort aan of word gehuur deur mnr. Seef Oosthuizen van Grootfontein.

Mnr. Oosthuizen wat op groot skaal beeste in kommunale gebiede aankoop, boer op die plaas Kranzfontein. Hy bedryf ook ’n slaghuis, Country Wild Butchery, van dié plaas af. Mnr. Oosthuizen het gister gesê hy het eers Maandag gehoor sy plase is gesluit.

“Veeartseny het Maandag op Grootfontein vir my gesê die verbod geld reeds vanaf die 12de (Februarie) en dat ’n brief aan my gestuur is, maar ek het nooit so ’n brief ontvang nie.”

Volgens hom ly hy groot skade omdat geen beeste enige van die plase waar hy weiding huur, mag verlaat nie.

Mnr. Oosthuizen lewer beeste aan mnr. Hottie Giersch. Laasgenoemde is ’n agent vir Sparta Beef, ’n groot voerkraal in die Vrystaat. Hy voer maandeliks meer as 2 000 speenkalwers daarheen uit. Die tien plase wat intussen weer deur die direktoraat veeartsenydienste oopgestel is, word verbind met mnr. Giersch.

Hy woon op die plaas Agagia Ranch naby Okahandja, maar hy huur weiding op talle ander plase. Hy was gister onbewus daarvan dat die bewegingsverbod ingevolge waarvan twintig plase op versoek van die polisie gesluit is, sy eie plaas en dié wat hy huur, ingesluit het.

“Dit is vir my nuus. Ek weet Kranzfontein is gesluit, want daar staan 400 kalwers wat ek aangekoop het. Ek het vir die polisie gesê hulle moet daardie diere ondersoek en kyk of dit gesteel is.”

Hy het gesê dat maak hom “hartseer” dat hy deur hierdie verbod op die beweging van beeste voorgestel word as iemand wat by die koop van gesteelde diere betrokke is.

“Ek steel nie beeste nie; ek koop die beeste aan en betaal daarvoor. Dit is vir my onmoontlik om 2 000 beeste elke maand te ondersoek en te kyk of daar met die brande gepeuter en of die oorplaatjies reg is. Dit is veeartseny en die veilingsagente se werk.”

Volgens mnr. Giersch koop mnr. Oosthuizen baie van die beeste wat hy na die voerkraal in Suid-Afrika stuur, vir hom op kommunale plase in die Grootfontein-omgewing aan.

“Hy woon naby die gebiede en daarom het ons hierdie reëling.” Hy vertel verder dat hy verlede jaar ’n slagoffer van beesdiefstal was.

“Hulle het vier maande terug by my op Sonskyn (’n plaas naby Okahandja) altesaam 52 kalwers gesteel.

“Hulle het in die nag ingekom en die diere uit die kampe gehaal en dit op ’n vragmotor gelaai. Hulle het die oorplaatjies uitgeknip en dit net daar gelos.

“Ons het later op ’n gebreekte vragmotor afgekom, maar hulle het toe reeds die beeste met ’n ander een kom haal. Tot vandag toe is nie een van daardie beeste teruggevind nie.”

Die polisie se ondersoek na ’n grootskaalse beesstelery in Otjozondjupa, het twee weke gelede gemomentum gekry toe ’n vragmotor met 32 gesteelde beeste by ’n padblokkade naby die Waterberg gekonfiskeer is.

Dit het tot die inhegtenisneming van sewe mans gely. Hulle is Lazarus Kapuitanda, Stephanus Mwanbingi, Sakeus Lineekela, Victor Amauta, Erasmus Namila, Shaun Tjiute en Joseph Hiarunguru. Hulle moet weer op 2 Maart in die hof op Okahandja verskyn.