Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Telecom maan kopers van koper

© Verskaf
Telecom Namibië het werkers van die skrootwerf Scrap Salvage ’n hyskraan laat gebruik om die versteekte koperdraad uit te haal.
DIEFSTAL van koperdraad grens aan ekonomiese sabotasie en benadeel nie net Telecom nie, maar ook ander besighede en elke man op straat, het Telecom Namibia by monde van sy senior bestuurder van korporatiewe kommunikasie, mnr. Oiva Angula, gesê. Telecom het verlede week in samewerking met die Namibiese polisie beslag gelê op 799 kg gesteelde koperdraad.

Dit is by die skrootwerf Scrap Salvage buite Windhoek gevind waar dit onder ander afvalmetaal versteek was. Mnr. Angula het aan Republikein gesê die diefstal van koperdraad is tans buite beheer. “Koperdraad word nie net in die omgewing van Windhoek gesteel nie, maar landwyd.

Telecom vra al hóé lank dat eienaars van skrootwerwe nie die koperdraad koop nie, om hulself en ons klante te beskerm. Telecom is immers ook hul netwerk wat hulle gebruik. As niemand die koperdraad koop nie, sal die diefstal van koperdraad verminder,” het mnr. Angula gesê. Hy het gesê die mense by skroot werwe weet hoe lyk Telecom se koperdraad, maar gaan nogtans voort om die gesteelde items te koop.

“As Telecom met die samewerking van die polisie die koperdraad by ’n skrootwerf kry, is dit altyd versteek – dan wéét die mense mos dat die koperdrade gesteel is. Hoekom anders sal hulle die koperdraad wegsteek?” het mnr. Angula gesê.

“Telecom smeek die eienaars van skrootwerwe om nie gesteelde koperdraad te koop nie. As iemand hulle nader met koperdraad wat gesteel lyk, kan hulle net ’n telefoon optel en vir Telecom bel om te kom bevestig of dit gesteelde koperdraad is of nie,” het mnr. Angula gesê.