Vandag se koerant


Vandag se Spotprent


Gene Travers

Motor 26 September

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

03.10.08

Walglike toestand in rykmansbuurt

02.10.08

Khomas-grote haal rekordboek

02.10.08

Twee gesinne in rou ná fratsongelukke op hul werf

01.10.08

Wittebroodsnag in selle

01.10.08

Harry Simon op sy knieë

24.07.2008

Teek terug na die beskuldigdebank

OP dieselfde dag wat die voormalige regter-president van die Hoërhof, mnr. Pio Teek, in ‘n toespraak by die inhuldiging van ‘n nuwe hof vir weerlose getuies by die Hoërhof vir sy aanvoorwerk in daardie verband bedank is, het hy gehoor dat hy weer sal moet antwoord op agt klagte teen hom.

Drie appèlregters uit Suid-Afrika het Maandag in die Namibiese Appèlhof in die guns van die vervolging beslis en oudregter Teek sal nou moet antwoord op die agt klagte teen hom wat insluit twee klagte van ontvoering, twee klagte van verkragting, twee klagte van die gebruik van ‘n “susmiddel” om onwettige omgang te bewerkstellig en twee klagte van statutêre verkragting. Ontslag is in Julie 2006 deur Regter Ronnie Bosielo van Suid- Afrika aan mnr. Teek toegestaan op ses van die klagte teen hom.

Regter Bosielo het in sy uitspraak die polisie se hantering van die ondersoek erg gekritiseer. Die Regter het ook in Oktober verlede jaar geweier om verlof tot appèl aan die staat toe te staan. Die staat het egter vertoë tot Hoofregter Peter Shivute van die Appèlhof gerig en drie Suid- Afrikaanse appèlregters, Regters Piet Streicher, Kenneth Mthiyane en Fritz Brand, het Maandag in die Appèlhof beslis dat Teek op die klagte teen hom moet antwoord.

Die klagte teen die gewese regterpresident spruit uit ‘n voorval op 28 Januarie 2005 toe hy na bewering twee meisies van 9 en 10 jaar oud naby die enkelkwartiere in Katutura opgelaai het en na sy huis naby Brakwater geneem het. Hy sou hulle na bewering by die huis alkohol gegee het om te drink waarna hy hulle seksueel gemolesteer het.

Die oudregter het in ‘n skriftelike pleit wat tydens die hofsaak ingehandig is, al die klagte teen hom ontken. Hy het beweer dat hy die “verwaarloosde en vuil” kinders opgelaai het en na sy huis geneem het waar hy vir hulle iets gegee het om te eet. Hy het egter medikasie geneem wat hom lomerig gemaak het en hy het aan die slaap geraak.

Hy het die kinders die volgende dag teruggeneem Katutura toe. Regter Teek is na afloop van sy inhegtenisneming summier deur oudpresident Sam Nujoma geskors en het in Oktober 2005 afgetree. Die Aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het Maandag in haar toespraak by die opening van die nuwe hof vir weerlose getuies vlugtig na oudregter Teek se vroeë betrokkenheid by die projek verwys. Die funksie van die hof is onder meer om kinderslagoffers van verkragting of geweld meer op hul gemak te stel tydens die verhoor ten einde hulle in staat te stel om te kan getuig sonder dat hulle hul aanvallers sien of deur hulle geïntimideer kan word.