
Die Tanzaniese eerste minister, mnr. Mizengo Kayanza Peter Pinda, het gister op ‘n amptelike besoek in Namibië aangekom. Hy is op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, deur die Premier, mnr. Nahas Angula, ontmoet. Tydens sy besoek aan Namibië sal hy onder meer in Windhoek samesprekinge voer met senior politici en ook die Walvisbaai-hawe asook die noorde van die land besoek.