24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.09.2009

Talle ringkoppe se politieke einde in sig

SWAPO se kieskollege het die naweek vergader en dié party se lys met kandidate vir die Nasionale Vergadering saamgestel.

Die lys het min verrassings opgelewer, maar afhangende van Swapo se prestasie in die November-verkiesing, is dit die politieke einde van heelwat van die mees ervare parlementêre ringkoppe en veteraan Swapo-leiers.

Die Adjunkpremier, dr. Libertine Amathila, het haar nie verkiesbaar gestel nie en sal in Maart aanstaande jaar uit die aktiewe politiek tree. Daar het ook min gekom van beloftes van tot soveel as 50 persent of meer vroue-verteenwoordiging op die Swapolys.

Net 24 van die kandidate is vroue (oftewel 33 persent) van wie Pres. Hifikepunye Pohamba vyf benoem het. Elf van die vroue op die lys is ook laer as die 50ste posisie op die lys.

Waarnemers meen stemme is dié keer teen Ndonga-sprekendes en die meer behoudende ervare groep in die partyleierskap uitgebring.

Die eerste drie posisies op die lys is onbestrede gevul deur die visepresident van die party, dr. Hage Geingob; die sekretaris-generaal, me. Pendukeni Iivula-Ithana, en die adjunksekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba.

Mnr. Jerry Ekandjo het die meeste stemme by die kieskollege op hom verenig en beklee die vierde plek op die lys, gevolg deur mnr. Uutoni Nujoma, mnr. Alpheus !Naruseb, dr. Abraham Iyambo, me. Petrina Haingura, dr. Richard Kamwi en mnr. Kazenambo Kazenambo.

Bekende name in die onderste tien posisies op die lys is dié van me. Marlene Mungunda, dr. Viscaya Korbian Amutenya, mnr. Victor Simunja, eerw. Willem Konjore, mnr. Paul Smit, mnr. Helmut Angula, me. Ida Hoffman and me. Hansina Christiaan. Die tien kandidate wat deur die Swapo-president, mnr. Pohamba, op die lys benoem is, is me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, (afgetrede) genl. Charles Namoloh, mnr. Alpheus Muheua, amb. Monica Nashandi, mnr. Billy Mwangingane, me. Lucia Witbooi, mnr. Auguste Xoagus, mnr. Uahekua Herunga, mnr. Willem Isaacs en me. Silvia Makgone.

Hulle name verskyn van die 24ste tot 42ste plek op die lys in zebra-formaat op alternatiewe plekke. Op ’n nuuskonferensie gister in Windhoek het me. Iivula-Ithana aangekondig dat daar altesaam 211 afgevaardigdes na die kieskollege was.

Net 205 het hul stemme uitgebring wat daarop dui dat ses van die afgevaardigdes nie gestem het nie. Daar was ook een bedorwe stembrief.

Pres. Pohamba het ook die naweek die party se verkiesingmanifes bekendgestel en ’n beroep op alle Namibiërs gedoen om seker te maak dat hulle geregistreer is vir die komende verkiesings en hul demokratiese regte op 27 en 28 November gebruik en hul stemme uitbring.

Me. Ithana het op die nuuskonferensie Swapo-ondersteuners gemaan om skoon, vreedsame en ongelukvrye verkiesingsveldtogte te voer.

“Ons moet alle versoekings van weerwraak weerstaan. Ons moet nie ammunisie gee aan diegene wat nie met ons saamstem nie en wat hierdie verkiesing in ’n strydveld wil verander. Ons moet diegene wat ons uitlok, ignoreer ter wille van eenheid en integriteit,” het sy gesê.