24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.11.2009

Syfers lol op kiesersrol

DIE kieserslys bly ’n kopseer met die Verkiesingskommissie van Namibië wat oënskynlik net nie daarin kan slaag om vir eens en altyd te sê presies hoeveel stemgeregtigde Namibiërs in die land geregistreer is nie. So ernstig word die saak beskou dat die Rally for Democracy and Progress (RDP) gister ’n brief aan die Verkiesingkommissie geskryf het waarin duidelikheid oor die saak gevra word.

Op die opsomming van die kieserslys wat aan politieke partye gegee is, word die finale syfer as 961 175 geregistreerde kiesers aangedui. Die syfer verskil egter van die inligting wat op ’n kompakte skyf (CD) verskyn wat ook aan politieke partye gegee is.

Die RDP wil ook van die Verkiesingskommissie weet presies hoeveel stembusse in die verkiesing gebruik gaan word. Die RDP het ook sy misnoeë uitgespreek met die feit dat veiligheidsleutels vir die houer waarin stembusse was, op Outapi weggeraak het en die feit dat die Verkiesingskommissie nog geen poging aangewend het om politieke partye oor die voorval in te lig nie.