|
Republikein
|
|
|
25.02.2010 Swapo wen gemaklik op Tuindorp![]() Mnr. Steve "Biko" Booys tydens 'n Swapo-vergadering vroeër die maand.
MNR. Steve "Biko" Booys is die Okahandja-kiesafdeling se nuwe verteenwoordiger op Otjozondjupa se streekraad.
Die amptelike uitslae van gister se tussenverkiesing, uitgelees om presies 09:25, het aan Swapo 60% van die stemme gegee – ‘n halwe persent meer as in 2004 se streekraadverkiesing. Me. Christophine "Kito" Paulus, die RDP en ses ander opposisiepartye se kandidaat, kon net 29,7% van die stemme op haar verenig. Die stempersentasie was 38% en die bederfstem ‘n skrale 0,6%. Net die wenkandidaat se aankoms het die bekragtiging van die oorwinning, beplan vir 09:00, vertraag. Die dorp se hoof uitvoerende beampte, me. Regina Alugodhi, moes mnr. Booys om 09:10 per selfoon ontbied. Hy het tien minute hierna opgedaag. Die finale uitslag was: Booys 3 153 stemme, Paulus 1 559 stemme, Ben Katamila (onafhanklike kandidaat) 480, Ehrenfried Muroua (Swanu) 51, bedorwe stemme 32. Die hoofkiesbeampte vir die tussenverkiesing, mnr. Edward Hauanga, het gesê die ondersoek na die redes vir die afdanking van die toesighoudende beampte van mobiele span 310 halfpad deur die tussenverkiesing is nog nie afgehandel nie. Dani Booysen op Okahandja |
|