24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

25.02.2010

Swapo-twis verdiep

© Republikein
Mnr. Engel Nawatîseb
DIE slepende tweestryd tussen die Swapo-burgemeester van Tsumeb, mnr. Engel Nawatîseb, en ’n voormalige Swapo-parlementslid, mnr. Nico Kaiyamo, gaan vroeg in Maart op ‘n vergadering van die party se uitvoerende streekkomitee op die spits gedryf word.

Dit volg nadat Swapo se uitvoerende distrikkomitee Dinsdagaand besluit het om aan te beveel dat beide geskors word om die party die geleentheid te gun om ‘n ondersoek ten opsigte van die tweestryd van stapel te stuur.

’n Subkomitee van die uitvoerende distrikkomitee op Tsumeb is aangestel om ondersoek in te stel na die onenigheid onder Swapo-raadslede en ondersteuners op die dorp, maar dit kon nie ’n oplossing vind nie. Inteendeel het die verhouding tussen die twee groepe verder versuur en beskuldigings is oor en weer gemaak, waarvan sommige aan laster gegrens het.
© Republikein
Mnr. Nico Kaiyamo
Die probleem tussen die twee Swapo-leiers het sy oorsprong gehad toe die Tsumeb-dorpsraad ’n erf aan mnr. Nawatîseb en Swapo se streekkoördineerder van die Oshikoto-streek, mnr. Armas Amakwiyu se maatskappy Vula Investment Holding, toegeken het sonder om die aansoek vir dieselfde erf van HNK Investment cc van mnr. Kaiyamo te oorweeg wat eerste ingedien was.

Die kwessie het selfs by die Teenkorrupsie Kommissie gedraai wat aanbeveel het dat die raad sy besluit hersien en dat beide aansoeke vir die bou van ‘n vulstasie oorweeg moet word. Hierdie besluit is nie ten volle uitgevoer nie en dit het meer wrywing tussen mnre. Nawatîseb en Kaiyamo veroorsaak.

“Ek kan bevestig dat die probleem tussen mnre. Nawatîseb en Kaiyamo wel op die agenda van die volgende vergadering van die uitvoerende streekkomitee is. Dit sal van die Oshikoto-streekleiers van Swapo afhang of hulle wel die aanbeveling van die distrikkomitee aanvaar om die twee te skors sodat ‘n onpartydige ondersoek gedoen kan word,” het mnr. Amakwiyu aan Republikein gesê.

Ingevolge die Swapo-grondwet moet lede wat geskors is tydelik van hul partyposisies onthef word tot die ondersoek afgehandel is. Dit sal meebring dat mnr. Nawatîseb sy posisie as burgemeester tydelik sal moet ontruim en mnr. Kaiyamo ook as lid van die party se uitvoerende distrikkomitee sal moet terugstaan.