24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

11.11.2009

Swapo trek duisende ondersteuners


Die visepresident van Swapo, dr. Hage Geingob (regs), saam met Gazza (middel) en mnr. Elia Nguarambuka op Okakarara

DIE Otjozondjupa-streek se pawiljoene het die naweek behoorlik gekraak toe duisende Swapo-ondersteuners dit volgepak het om na die President en die visepresident van Swapo, asook die ontluikende jong Swapoentoesias, die bekende musikant, Gazza, se boodskap en musiek te luister.

Die vol pawiljoene was volgens Pres. Hifikepunye Pohamba moontlik gemaak deur die wakker en entoesiastiese streekkoördineerder van Swapo in die Otjozondjupastreek, mnr. Otto Iipinge, en die party se verteenwoordigers in die streek.

Midde die boodskappe van President Pohamba en dr. Hage Geingob wat oor luidsprekers die lug ingestuur is en die ondersteuners op hul voete gehad het, is gehoor dat die komende verkiesings ’n deel is van die gevestigde tradisie wat vyfjaarliks in Namibië gehou word sodat die landsburgers die geleentheid kry om leiers van hul keuse aan te wys, en sodoende die kultuur van demokrasie in die land versterk.

“Daarom is die vestiging en die behoud van vrede in Namibië die hoofdoel van die regering onder Swapo. “Ons het baie hard gewerk om die beleid en strategieë op te stel wat ’n vreedsame naasbestaan en ontwikkeling en vooruitgang vir ons mense verseker. Ons het geswoeg om oor die jare ons land te hervorm om ’n beter gemeenskap te skep wat vandag tot basiese benodigdhede toegang het.

“Gedagtig hieraan het ons ’n demokratiese Grondwet aanvaar. Ons het hierdeur nasionale versoening aanvaar sodat ons mense gesamentlik in vrede met mekaar moet lewe na ’n stormagtige geskiedenis van geweld en onderdrukking,” het President Hifikepunye Pohamba Sondag op Otjiwarongo gesê. Pres. Pohamba het sy party se beleid ten opsigte van desentralisasie, gesondheid, onderwys, behuising, die ekonomiese en inftrastrukturele ontwikkeling en landbou uitgespel, wat ’n voortsetting en verbetering gaan wees van die prioriteite wat in Swapo se manifes opgeneem is.

Dit was voorts ’n buitengewone verloop van sake, wat die twee mees senior amptenare van die Swapo-party, President Hifikepunye Pohamba en sy adjunk, dr. Hage Geingob, die skare in die Otjozondjupa- en die Kunene- streek laat toespreek het. Pres. Pohamba het Saterdag die volgepakte pawiljoene op Khorixas toegespreek, terwyl die Minister van Handel en Nywerheid, dr. Geingob, een van die grootste opkomste ooit op Okakarara se bodem gelok het.

Dr. Geingob het Sondag op Uis sy eerste massavergadering kort voor die 2009- verkiesings toegespreek. “Ons is hier om die verkiesingsboodskap van Swapo aan julle oor te dra sodat julle kan opstaan en vir Swapo stem om na die November-verkiesings weer eens aan die stuur van sake te staan. “In Swapo huldig ons vrede en eenheid, want ons het leiers soos President Hifikepunye Pohamba en die stigterpresident, dr. Sam Nujoma, wat dit eerbiedig.

“Julle weet nou van die plattelandse elektrifisering, die opgradering van die Okakarara-hospitaal, opgradering van die klinieke op Coblenz, Okamatapati en Okondjatu, die projekskool op Okaepe, die nuwe polisiekantoor op Okondjatu, die nuwe kantoor van die streekraadslid op Okakarara, die Shack Dwellers Federation wat jaarliks N$1 miljoen van die Regering ontvang, die hervestiging van die San-volk op plase in jul streek, die veeartsenykliniek wat gebou gaan word met geld uit die Millenniumuitdaagrekening wat die hele Otjozondjupa-streek moet bedien, en dan die heel nuutste multimiljoen dollar sakesentrum wat teen ’n koste van N$15 miljoen op Okakarara gebou gaan word nadat ek die goedkeuring gegee het.

“Swapo het vir die bevryding van die hele land geveg en is voorts van plan om die hele land te ontwikkel. “Voor onafhanklikheid het swart mense in sekere gedeeltes gebly en net sekere gedeeltes is ontwikkel. “Vandag lewe ons almal saam, die onderdrukkers en die onderdruktes. Swapo het geen wraak gesweer nie en daarom moet ons almal gesamentlik van die ontwikkeling van die land en eenheid onder ons praat,” het dr. Geingob gesê.

Hy het voorts verwys na die probleme in Afrika en gesê dat Swapo baie geleer het uit wat daar gebeur het. “Niemand moet van ontwikkeling uitge- sluit word nie. As ons nie vrede en eenheid handhaaf nie, sal ons die paadjie van selfvernietiging volg wat baie Afrika-lande geloop het. Om net sekere mense en gebiede te ontwikkel, beteken die voortsetting van die apartheidstelsel. “Dit was in die begin baie moeilik om versoening te aanvaar, maar ons het daarin geslaag,” het hy gesê.

Met verwysing na die jongste uitlatings van verkiesingsbedrog deur die leier van die RDP, mnr. Hidipo Hamutenya, het dr. Geingob gesê dat die man wat die sogenaamde bedrog moes pleeg, niemand anders is as mnr. Hamutenya nie, want hy was volgens hom aan die stuur van Swapo se verkiesingsaktiwiteite. Wat die ander partye betref, het hy gesê dat daar tradisionele leiers is wat op gelyke vlak met hom wil verkeer en daarvolgens deur hom behandel gaan word.

“Hoekom sit tradisionele leiers met my in die Nasionale Vergadering, want ek soek tradisionele leiers wat deur ons almal respekteer moet word. “Ek respekteer al die tradisionele leiers, maar wanneer hulle soos mnr. Kuaima Riruako hul verpligtinge opsy sit en met my in politieke taal meeding, gaan ek hulle daarvolgens antwoord sonder om hul tradisionele leierskap te respekteer.” Gazza het tydens die vergaderings met die jong mense gepraat en hulle aangeraai om by Swapo aan te sluit.