24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.11.2009

Swapo is pateties, sê MAG


DIT is pateties om te sien hoe die Swapo-party nou elke halmpie van hoop aangryp om twinig jaar se swak landsbestuur te regverdig. Ons sien hoe die Swapo-sprekers op die verskillende “rallies” die verlede as ‘n suksesverhaal voorstel.

Gelukkig/ongelukkig sien ons dat hulle in gepoleerde Engels die toespraak lees dat die spoeg spat, maar dat die gehore met onbegrip en belangeloosheid die spreker aanluister. As ‘n mens die verlede objektief ontleed, dan sien ons politieke bloedspore. Swapo is nou skaamteloos besig om dit dood te vee. Ons kan kortliks na ‘n paar aspekte kyk:
Armoede
 
Daar word elke jaar klem gelê op ‘n “pro-poor” benadering in die begroting. Die wat altyd arm was, is nou nog armer. Die brood en botter-behoeftes van die gewone Namibiërs is nie aangespreek nie. Mense is sonder werk; mense is honger. Die rede daarvoor is omdat die Regering gefaal het om werkgeleenthede te skep. Werkskepping is op ‘n negatiewe, maklike en subtiele manier gedoen:

• Ja, die staatsdiens is vergroot.

• Kundiges is subtiel uit poste gehaal om ander in sit wat in die meeste gevalle nie die kundigheid het nie.

• Buitelanders ontvang projekte en sluit Namibiërs totaal uit of betaal so swak dat niemand daar wil werk nie. Daar het ‘n ryk middelklas ontstaan wat so besig is om te ontken dat hulle ryk is, dat die armes hulle nog aanvaar as minderbevoorregtes.
Rekonsiliasie
 
Daar is vir twintig jaar aan hierdie begrip “gewerk” en as ‘n suksesverhaal aan die wêreld voorgehou, maar ek is oortuig dat ons verder van hierdie doel af is as wat ons tydens die onafhanklikheid van Namibië was. Hierdie mislukking kan ons vierkantig voor die deur van Swapo lê.

As ons dink aan die afgelope weke se haatspraak deur the “big three”, dan besef ons dat hierdie drie moontlik gereeld ‘n “dankdiens” hou dat daar iets soos apartheid was; anders wat sou hulle gesê het wat die oningeligte massas sou opsweep.

Watter tipe van “mafia-kultuur” het hierdie mense dat die “vader van die nasie” ‘n tipe van magiese houvas op hulle het? Selfs die President roep nie hierdie haatspraak- orators tot orde nie. Swapo sit groot borde op met wit gesigte, maar Sondagaande slaan hulle die witmense met “hamers” deur die fliek van mnr. Nujoma Where others wavered te vertoon. Maandag haat die swartmense weer die witmense.
Wanbestuur
 
Ek weet van geen instelling of instansie wat by oorname deur die Regering ‘n sukseskurwe gevolg het nie. Elke ministerie is swakker daaraan toe. Ondoeltreffend en pateties.

• Mense sukkel vier jaar lank dat werkspermitte goedgekeur moet word. Of is dit net sekere groepe?

• Gebore Namibiërs wat in ouetehuise sit, sukkel jare, selfs met die hulp van die Ombudsman, dat hulle gades domicile kan kry.

• Predikante van eeue oue kerke kry nie/of sukkel om werkspermitte te kry. ‘n Godlose groep uit Suid-Afrika wat die Namibiese mans kom “tease” met onkleedanse, kry seepglad ‘n permit.

• Diè mense wat bereid is om ‘n paar dollar ekstra te stoot, slaag met vlieënde vaandels. Daar is met groot geskal en handeklap in die Parlement kennis geneem van ‘n eie harteenheid vir Namibië. ‘n Paar maande later - dit was ook maar ‘n hersinskim. Daar is niks oor van die lugdiens nie; treine vervoer nie meer passasiers nie en een van die laaste vestings van doeltreffende bestuur, Meatco, gaan aan sy wortels aangeval word.
Die party van wanorde
 
Hier kan die lys so lank word dat dit nie geboekstaaf kan word nie.

• Die stryd teen korrupsie word ‘n klug. Hooggeplaaste en ryk politici kry Chinese beurse vir hul kinders. En dit word geregverdig.

• Die land word uitverkoop deur aan duisende vreemdelinge werkpermitte toe te ken. Dit is die begin van ‘n nuwe kolonialistiese skema, maar die kiesers besef dit nie. Oor vyftig jaar soek hierdie mense stemreg; dan lê die wat hulle hierheen gelok het as vergoeding vir die “struggle”, onder die kluite.

• Swapo misbruik staatseiendom en geld om die verkiesing te veg. Hulle misbruik die NBC onder die vaandel van “paid airtime” om hul beleid te verkondig

• Hulle besit ‘n onvermoë om die Swapo-oproeriges by “rallies” te beheer of sê hulle dalk agter die hand: “Sa! Vat hulle”?

• Hulle sit hul verkiesingsmateriaal op in strate waar hulle volgens munisipale regulasies nie mag nie en sit sommer die plakkate teen elektriese substasies en woonhuise se hekke op. Hulle is verhewe bo die wet.

• Die Regering betaal miljoene dollar vir ‘n buitelandse niervervanging van ‘n hompa. Sy het nog nie een sent tot ‘n mediesefonds bygedra nie, maar gaan buiteland toe op staatskoste. Wat hulle nie alles doen om stemme te werf nie. Ek hoop dat die kiesers in die komende verkiesing ook bogenoemde sake in ag sal neem by hul keuses.

Jurie Viljoen van MAG