24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

23.02.2010

Swapo gaan opposisie begrawe, sê Geingob

© Francois Olivier
President Hifikepunye Pohamba tydens sy toespraak by die Swapo-saamtrek wat Saterdag op Okahandja plaasgevind het.
OKAHANDJA het Saterdag gedreun met duisende Swapo-ondersteuners wat opgedaag het vir die saamtrek waartydens President Pohamba in sy hoedanigheid as Swapo se president die hoofspreker was. Sowat 4 000 Swapoondersteuners het Saterdag die warm son getrotseer om daar te wees.

“Vandag is die dag van die begrafnis van die opposisieparty,” het die visepresident van die Swapo, dr. Hage Geingob, gesê. Hy het as programdirekteur van die saamtrek opgetree.

President Pohamba meen die opposisiepartye mors hul tyd en almal wat vir ’n opposisieparty stem, doen nie ’n behoorlike ding nie. Hy meen die volk van die land en Okahandja se gemeenskap moet behoorlik stem.

“Die enigste manier om behoorlik te stem, is om daardie kruis komende Woensdag langs die naam van Steve Boois te trek. As julle vir hom stem, stem julle vir Swapo. As jy vir Swapo stem, doen jy ’n behoorlike werk.

“As jy vir enige ander party stem, is dit nie ’n behoorlike stem nie en is dit net so goed jy het glad nie gestem nie,” het President Pohamba gesê.

Met ’n orkes by die saamtrek het die sokkerveld gedreun wanneer die orkes geleentheid gegun was om die aanwesiges te begelei. “Ek is bevrees dat hulle wat die hofsaak begin het, teleurgestel sal word. Ek is bevrees dat Swapo méér setels sal wen en dat die opposisie verkeerd bewys sal word,” het President Pohamba gesê.

President Pohamba het die gemeenskap van Okahandja versoek om Woensdag vroeg op te staan en rye by die stempunt te vorm om vir mnr. Boois te stem. “Ek kan nie soos ander partye vir julle hemel en aarde belowe nie, maar tasbare en realistiese veranderinge, asook die voortsit en voortduur van projekte wat slegs tot die voordeel van die nasie begin is. Dit is wat ons kan belowe,” het Pres. Pohamba gesê.

Hy het ook beklemtoon dat Swapo daarop uit is om jongmense van die land in leierskapposisies te plaas en hy het vir mnr. Boois as voorbeeld gebruik. “Ek is trots op jou, jong man. Jy is ’n goeie voorbeeld vir ander jongmense en jy is ’n goeie leier,” het hy tydens sy toespraakaan mnr. Boois gesê en sy hand geskud voor die duisende mense wat teenwoordig was.

“Swapo sal weer eens bewys en demonstreer dat die party verbind is tot die stelsel van demokrasie,” het President Pohamba gesê.
© Francois Olivier
Verskeie regeringsleiers, insluitend ministers, was geesdriftig tydens die saamtrek van Swapo Saterdag op Okahandja. Hier is die visepresident van Swapo, dr. Hage Geingob, en mede-Swapolede besig om ’n paar danspassies uit te voer onder leiding van die orkes by die saamtrek.


Francios Olivier