24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

16.02.2010

Swanu-man beloof verandering


Mnr. Ehrenfried Muroua

SWANU se kandidaat op Okahandja, mnr. Ehrenfried Muroua, het in ’n eksklusiewe onderhoud met Republikein belowe dat sy eerste plig sal wees om harmonie tussen die stadsraadslede van die dorp se munisipaliteit te bewerkstellig indien hy die komende verkiesing wen.

“Ek wil ’n verteenwoordigende raad aan die bewind sien wat al die inwoners se belange op die hart gaan dra. “Indien ek gekies word, sal ek toesien dat ’n veeldoelige sentrum op die dorp gebou word waar jongmense in verskeie ambagte opgelei gaan word.

“Ek gaan die internasionale en plaaslike skenkers se hulp inroep om so ’n sentrum te befonds. Ek gaan voorts ’n gesondheidsinspekteur opdrag gee om na die gesondheidstandaarde van die dorp te kyk. “Voorts sal ek sorg dat die groot kettingwinkels in die land soos Woerman & Brock, Jet, Edgars ensovoorts hulle hier op Okahandja vestig.

“Elektrisiteit moet na die plakkerskampe soos Oshetu No 1. en ander gebring word. Okahandja se plakkerskampe is ’n skaamte vir die dorp en ek gaan al die mense wat naby die vullisstortings woon, hervestig op gratis erwe in skoner en meer aanvaarbare gebiede.

“Ek sal die sjebeeneienaars betrek om aandag te gee aan die tye waarop hul besighede bedryf word, en ek sal hulle vra om rekening te hou met skole- en openbare aktiwiteite wat in hul onmiddellike omgewing plaasvind,” het mnr. Muroua gesê. Volgens hom gaan hy ook die blankes op die dorp by alle aktiwiteite betrek om behulpsaam te wees met die opgradering van die dorp.