24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

10.11.2009

Studiebeurse se stof dwarrel nog


Mnr. McHenry Venaani (middel), sekretaris-generaal van die DTA van Namibië, tussen mnr. Thatoane en me. Benz wat op die DTA se kandidatelys vir die NV verskyn.
DIE kwessie van die Chinese studiebeurse wat net aan kinders van mees senior regeringsamptenare toegeken was, het Saterdag op die openbare vergadering van die DTA van Namibië in Katutura op die voorgrond getree.

Die sekretaris-generaal van DTA, mnr. McHenry Venaani, het dit onomwonde gestel dat sodanige Chinese studiebeurse op ’n omkopery dui om burgerskap vir hul landgenote in Namibië te bekom.

Hy beweer dat die Namibiese regering nie van die 100 studiebeurse wat die Suid-Afrikaanse regering onder Thabo Mbeki se presidentskap aan hulle toegeken het, gebruik gemaak het nie en Namibiese burgers nie studiegeleenthede in Suid-Afrika kon benut nie. Mnr. Venaani het aan die gehoor gesê die DTA-regering sal seker maak dat landsburgers uit die bronne van die land voordeel sal trek.

Hy het verder gesê dat N$750 miljoen tot op hede onder die Swapo-regering vermis geraak het, maar dat niemand vervolg is nie. Volgens hom wil die DTA na die komende verkiesings die bewind oorneem en dit dring nou aan op ’n deursigtige, politieke proses wat vry en regverdige verkiesing sal verseker.

In die verband het hy daarop aangedring dat ’n volwaardige kiesersrol bekendgemaak moet word. Hy het verder gesê die DTA van Namibië herdenk sy stigting 37 jaar gelede op dieselfde terrein waar die vergadering

Saterdag op die sportterrein agter die sentrale winkels in Katutura plaasgevind het. Opperhoof Clemence Kapuuo is ongeveer 31 jaar gelede ’n paar meter van die stigtingsterrein voor die sentrale winkels in ’n sluipmoord doodgeskiet.

Mnr. Johan de Waal, voorsitter van die DTA, het op sy beurt aan die gehoor wat van heinde en ver gekom het, gesê dat hulle ware helde is en dat sonder hulle die DTA nie vandag sou kon bestaan het nie. Hy het verder gesê as mense hard werk om verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering te. verseker, moet hulle bereid wees om as slawe van die mense wat hulle verkies het, te dien.

Volgens hom dink die Swapoverteenwoordigers in die Nasionale Vergadering anders, want hulle dink hulle moes te slim gewees het om daar te kan wees.

“Swapo-lede sal eendag sê genoeg is genoeg en begin om vir die DTA te stem. Jong mense kom na die DTA omdat Swapo-leiers geld steel,” het hy gesê.

Hy het belowe dat as die kiesers vir die DTA stem, die leiers wat hulle in die Nasionale Vergadering sal verteenwoordig vir die kiesers gaan werk en nie vir hulself nie.

Volgens hom het onlangse opnames getoon dat die DTA-leiers tussen die eerste tien lede is wat bydraes in die NV lewer. Hy het verder gesê die DTA sal voortbestaan ongeag mense wat bedank, wegloop of sterwe.

“Niemand is onververvangbaar nie,” het hy beklemtoon en afgesluit: “Stem vir die DTA, want dit is die party wat oplossings gaan bring.”