24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

18.03.2010

Studie beveel uitdunning van Kunene-olifante aan

© Ute von Ludwiger
Olifante in die Noordweste veroorsaak baie konflik met mense. Hier kyk toeriste na ’n olifant wat doodluiters in die Palmwag-kamp rondloop.

'n OLIFANT-bestuursplan vir die grootvoete in die noordweste van die land is pas deur ’n gesamentlike presidensiële komitee vrygestel waarvolgens indringende maatreëls ingestel moet word om die olifantbevolking in toom te hou.

Dit volg nadat ’n beleid om konflik tussen mens en dier te verminder, verlede jaar geïmplementeer is.

“Olifante veroorsaak jaarliks honderde duisende Namibiese dollar se skade in die kommersiële én kommunale boerderygebiede. Die voordele wat boere uit die olifante trek, is nie naastenby genoeg om gelyk te speel met dié reuse-verliese nie. Dit staan boere nie vry om hul lewensbestaan teen olifante te beskerm nie en die bestaande maatreëls om die olifantprobleem te beheer, is te langsaam om doeltreffend te wees,” lui die verslag wat deur ’n Zimbabwiese omgewingskundige, mnr. Rowan Martin, saamgestel is.

Volgens ’n bevolkingsopname wat vir die studie gedoen is, word die Etosha-bevolking op tussen 2 000 en 2 500 olifante geskat, met ’n groeitempo van sowat 3,3 persent per jaar. Die bevolking buite die park word op 800 olifante geskat. Volgens ’n diagram in die studie is die drakrag vir olifante in die Noordweste tussen 50 en 250 vierkante kilometer per olifant en is dit onwaarskynlik dat die groeitempo hoër as 2,5 persent per jaar sal styg, ondanks dié lae syfers.

Volgens ’n nabootsingmodel vir die tydperk 1995 tot 2020 kan immigrasie vanuit Etosha na die kommunale grond wes en noordwes van die park te wagte wees. “Wanneer die drakrag vir olifante enige deel van die kommunale grond oorskry, is die verwagting dat ’n gedeelte van die olifante na die private grond suid van Etosha of in die Erongo-streek sal beweeg.

“Die grond beskikbaar vir olifante word elke jaar bepaal namate die grond minder raak as gevolg van inwoners se getalle wat toeneem. Die volhoubare olifantbevolking vir vanjaar op vier gedeeltes kommunale grond en in 22 bewaringsgebiede is 225 – die eintlike bevolking is 545.”

Die bestuursaanbeveling in die studie is: “Die olifantbevolking in die Kunene-streek moet verminder word.”

Die voorstel is dat sogenaamde sinkgebiede (gebiede waar olifante direk in konflik kom met die tipe grondgebruik en waar hulle nie welkom is nie) geïdentifiseer word. Die gebiede kan ook aangepas word deur die betrokke partye. “Olifante wat die sinkgebiede binnedring, moet deur die boere of aangewese agente van kant gemaak word. Geskikte diere moet as trofeë gejag word.

“Alle voordele uit die trofeë (ivoor, vel, vleis) moet aan die boerderygemeenskap gaan.”

Die studie noem dat geskikte instellings die sinkgebiede moet aanwys, die bestuursverantwoordelikhede moet uitdeel en seker maak dat die gemeenskappe elkeen sy deel uit die inkomste van die trofeejag kry.

“Indien die bestuursmaatreël van sinkgebiede nie die konflikprobleem oplos nie, moet bestuursaandag aan die olifantbevolking in die Etosha Nasionale Park gegee word,” lui die bevindinge in die verslag.

Volgens ’n voorstelling van hoe sinkgebiedbestuur die olifantbevolking kan beïnvloed, kan dit ’n moontlike inkomste van N$2,4 miljoen vir die begunstigdes bring. Dit is indien ’n sinkgebied 2 500 vierkante kilometer groot is, 50 olifante per jaar “verwyder” word, een trofeebul geskiet word en olifanttande moontlik verkoop kan word.

Die verslag noem dat alternatiewe oplossings wel moontlik is, maar dat dit te duur kan wees of nie juis ’n verskil aan die probleem sal bring nie. Die bestuursalternatiewe is die verskaffing van bykomende waterpunte vir olifante, die verskuiwing van ’n hele trop, die gebruik van afweerders soos rissies of dat boere hul boerdery-aktiwiteite moet aanpas.

Besluite wat so vinnig as moontlik geïmplementeer moet word, is dat die hoeveelheid, ligging en grootte van sinkgebiede in die streek so gou as moontlik op voetsoolvlak bespreek moet word, dan met die bure en dan op streekvlak. Wanneer konsensus bereik is, sal die Ministerie van die Omgewing en Toerisme gevra word om die sinkgebiede as mens-dier-konfliksones te klassifiseer in terme van die nuwe beleid.

Volgens die bestuursplan is dit broodnodig dat noukeurig boekgehou word van die aantal olifante wat uit ’n sinkgebied “verwyder” word én olifantverwante voorvalle in gebiede aangrensend tot die sinkgebiede.