24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

12.07.2010

Stropersgruwel

© Verskaf
Hierdie seekoeivers is Saterdag reeds in ’n strik gevang op die oewer van die Kavango-rivier oorkant Shamvura Kamp sowat 110 km oos van Rundu. Sy is Sondag sonder meer doodgemaak en in stukke opgekap en deur die wilddiewe verwyder.

’n JONG seekoeivers moes die grootste deel van Saterdag ten aanskoue van binnelandse toeriste wag om doodgemaak en in stukke vir die pot opgekap te word terwyl polisiebeamptes van Namibië en lede van die Ministerie van die Omgewing en Toerisme se hande afgekap was omdat die dier in ’n strik aan ’n boom vas was wat op die noordoewer van die Kavangorivier staan.

Angolese polisiebeamptes en hul Namibiese eweknieë was klaarblyklik traak-my-nie-agtig oor die voorval omdat hulle niks kon doen voordat toestemming vir optrede nie van die onderskeie owerhede verkry kon word nie. Omdat die wilddiefstal op Angolese grondgebied ten aanskoue van almal wat kon sien plaasgevind het, was die houding volgens ’n inwoner van die omgewing, mnr. Mark Paxton, dat dit ’n saak vir hoër amptenare is.

Mnr. Paxton van die Shamvura kamp sowat 110 km oos van Rundu en regoor die Angolese gehuggies, Shamanputa en Mdunsha in die Matondoti-wyk onder hoofman Likanda, het gister gesê die Hase-familie van Okahandja was by sy kamp en het die natuurdrama aanskou.

Die vers is een van ’n groep van sowat 15 of 16 wat sedert 2000 teruggekeer en ’n teelgroep in die omgewing gevorm het. Oor die seekoeie en die invloed wat hulle op bewaringsbewustheid onder die Namibiese Kavango’s het, is al ’n maand of drie gelede in die Flamingo-tydskrif gerapporteer.

Mnr. Paxton vertel voorts dat die wilddiewe se slagoffer dié keer ’n jong vroulike seekoei was wat Saterdag reeds met ’n sterk kabel wat goed aan ’n boom geanker was, vasgetrek is en dat die dier in die strik staan en smoor het terwyl polisiemanne en lede van die Namibiese Ministerie hul plan van aksie bedink het.

Teen gister was die dier vrekgemaak, opgekap en verwyder, en van die strik het net merke teen die boom oorgebly. Enkele maande gelede is drie olifante in die omgewing geskiet en krokodille word gereeld in strikke gevang en opgeëet.

Hy is seker die seekoeivleis sal ook aan die Namibiese kant van die grens verkoop word, waarheen dit met mukorro’s vervoer word sonder dat ’n vinger gelê sal word op die wreedaards wat die daad gepleeg het of voordeel trek daaruit.

Mnr. Paxton is veral bekommerd oor die gevolge van wildstropery ten aanskoue van toeriste en die invloed daarvan op toerisme en bewaring. Sy frustasie is dat hy selfs nie eens ’n verklaring van waarde aan die Namibiese owerhede oor die voorval kan aflê nie, omdat in sy gesig vir hom gesê is dit is ’n Angolese aangeleentheid.

Van die samewerkingsooreenkomste tussen die twee lande en bilaterale ooreenkomste oor bewaring en misdaad is daar nie veel sigbaar nie, het mnr. Paxton gekla.