
Still Life, 'n uitstalling van 55 foto's wat deur MIV-positiewe mense geneem is, het pas by Europe House in Windhoek geopen. Die projek het geskied onder leiding van die Ombetja Yehinga-organisasie (OYO). Altesame 1361 foto's is deur fotograwe van tien streke geneem waarvan 55 vir die uitstalling uitgesoek is. Elke foto beeld uit hoe mense wat deur MIV geraak word, positief leef. Die versameling sal in die komende maande landwyd uitgestal word. Die uitstalling is deur die Minister van Gesondheid, dr. Richard Kamwe (middel) geopen. Hier is hy saam met dr. Elizabeth Pape van die Europese Gemeenskap se afvaardiging in Namibie, en dr. Phillipe Talavera van OYO.