24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Stemvoete klap op Tuindorp

© Republikein
Kiesers staan tou voor die klas by die Laerskool Aurora in Nau-Aib wat in ‘n stemlokaal omskep is.

Op ‘n koel Okahandja het kiesers vanoggend deur sporadiese buie motreёn by verskeie stempunte in skaflike toue gewag om hul stemme in die tussenverkiesing uit te bring.

In die Vyfrandkamp het polisiemanne die eerste groepie kiesers in ‘n ry van omtrent 60 stiptelik om 07:00 deur die hek buite die ou huis op die voorpos van die Tuindorp gelaat om hul plekke in die stemlokaal in te neem.

Die luim was gemoedelik en die houding van die kiesbeamptes eksieperfeksie toe hulle die eerste kiesers verwelkom.
© Republikein
Party-agente hou toesig oor die stemmery in die dorpsaal van Okahandja.
“Ons kyk net,” het mnr. Paulus Kapia van Swapo buite die stempunt gesê. Hy was ook al voor 07:00 op sy pos.
Die hoofkiesbeampte, mnr. Edward Hauanga, het ure later berig dat hy nie ingelig is van een stempunt waar kieswerk nie betyds kon begin nie.

Volgens die polisie was die dorp en omgewing deur die nag vreedsaam en is geen politieke stoornisse aangemeld nie.

Vroegoggend nog moes mnr. Hauanga stoei met administratiewe take soos die verandering van die name van sekere partyagente.

Die direkteur van verkiesings, mnr. Moses Ndjarakana, mnr. Victor Tonchi, die voorsitter van die Verkiesingskommissie en mnr. Shafimana Ueitele, ‘n lid van die Verkiesingskommissie, was persoonlik by die hoofkwartier van die ECN om te help toesig hou dat sake vlot uit die blokke kom.
© Republikein
‘n Kieser gooi sy stembrief in die bus by die stempunt in Okahandja se dorpsaal.
By die stempunt in die dorpsaal het sowat 120 mense reeds teen 09:30 gestem. Dit verteenwoordig ‘n kiestempo van net meer as een minuut per person.

Agente van deelnemende partye en die onafhanklike kandidaat het hier gesê hulle is baie tevrede met prosedures. Mnr. Nick Kruger van die RDP het nietemin sy sorge uitgespreek oor kiesers wat van die hoofstad na Okahandja aangery is.

Beide mnr. Kapia en dr. Elijah Ngurare, sekretaris van Swapo se Jeugliga, het later by die stempunt by die Laerskool Aurora in die Nau-Aib woonbuurt hul groot tevredenheid met die organisasie van die verkiesing uitgespreek.
“Die proses loop glad,” het dr. Ngurare na ‘n besoek aan vyf ander stempunte gesê. “Ons loof die volwassenheid van kiesers.”

Hy het benadruk dat Swapo die uitslag, wat vannag verwag word, demokraties sal aanvaar – maak nie saak of dit ‘n oorwinning of nederlaag is nie.