
Die eerste sekretaris van die Namibiese hoë kommissariaat in Maleisië, mnr. Tji-Tjai J. Uanivi, stem in die verkiesing wat op Vrydag 13 November wêreldwyd by Namibiese buitelandse missies gehou is.

Die voorsittende beampte wat die verkiesings by die Namibiese hoë kommissariaat in Kuala Lumpur, Maleisië behartig het, me. Jacobine T. Ndalikokule, verduidelik die stemproses aan ’n kieser.