24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

24.02.2010

Stemtoets op hande

© Theo Gurirab
Mnre. Edward Hauanga, hoofverkiesingsbeampte vir die tussenverkiesing op Okahandja, Ben Katamila, die onafhanklike kandidaat, Frederick Shimanda van die RDP, me. Sussy Gideon en me. Hileni Iita van Swapo, gister tydens die inspektering van verkiesingsmateriaal by die dorpsaal voor dit na onderskeie stempunte vervoer sou word.
DIE Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), wat eerskomende Maandag in die Hoërhof moet antwoord op aantygings van beweerde grootskaalse foute tydens die berekening van die uitslae van November se nasionale en Presidentsverkiesings, kom vandag voor ’n sleuteltoets van sy professionalisme te staan.

Kort duskant 14 000 inwoners van die Okahandja-kiesafdeling gaan vanaf 07:00 hul stemme uitbring in ’n tussenverkiesing vir ’n vakante setel op die Otjozondjupa-streekraad.

Met stembusse wat om 21:00 sluit, word die finale, geverifieerde uitslag reeds voor sonopkoms môre verwag. Groot optimisme en afwagting het gister op die land se Tuindorp in partygeledere en by die onafhanklike kandidaat in die stryd geheers.

Die meeste mense op straat het gesê hulle sal beslis hul demokratiese plig nakom.


Mnr. Ben Katamila, wat steeds redeneer dat hy ’n volbloed Swapo is, die regerende party se mnr. Steve “Biko” Booys, me. Christophine “Kito” Paulus van die Rally for Democracy and Progress (RDP), wat deur ses ander partye, die APP, CoD, NDMC, Nudo, RP en NMDC ondersteun word, en Swanu se mnr. Ehrenfried Murorua, is die vier kandidate in die asem ophou-wedren.

Volgens mnr. Edward Hauanga, hoofverkiesingsbeampte, was die atmosfeer op Okahandja vreedsaam en is teen saktyd geen noemenswaardige klagtes by hom aangemeld nie.

Verteenwoordigers van partye was gister baie positief om die maksimum voordeel uit die verkiesing te trek. Elkeen glo vas hy gaan met die louere wegstap.

Me. Sussy Gideon van Swapo het tydens die nagaan van verkiesingsmateriaal by die dorpsaal gesê sy is tevrede met die kontrolemeganismes.

“Ek doen ’n beroep op al die kiesers om soos altyd hul demokratiese reg uit te oefen deur vir Swapo en ander partye van hul keuse te stem.

“Stem vir Steve Biko om demokrasie te laat voortleef,” het sy hulle aangemoedig.
“Sedert Maandag verloop alles deursigtig van die kant van die Verkiesingskommissie,” het mnr. Katamila gesê. “Hierdie keer is ons slaggereed en wakker om ongerymdhede hok te slaan, maar ek hoop dat die huidige stand van sake gaan voortduur.

“Wat die vervoer van sensitiewe dokumente na verskillende stempunte en terug betref, hoop ek dat die polisie hul werk deeglik sal doen. Ek hoop dat alles betyds uitgeklaar gaan word en dat die verkiesing vlot sal verloop.

“Staan op en doen die regte ding, want dit is vandag jou kans. As jy dit nie doen nie, moenie agterna enigiemand blameer nie. Ek wil vandag op almal se vingers die swart verkiesingsink sien,” het hy gesê.

Mnr. Frederick Shimanda wat verkiesingsmateriaal namens die RDP gaan inspekteer het, het gesê hy is tevrede met die proses van die aflewering van die materiaal begin het. “Ek hoop alles gaan ewe glad verloop.

“Ek vra die inwoners in die streek om in groot getalle op te staan om te stem, want hierdie verkiesing gaan die sleutel wees wat die goeie deur van veranderinge gaan open,” het hy gesê.

Volgens mnr. Hauanga is sy 102 beamptes wat by 10 mobiele en ses permanente stempunte diens sal doen, oorgehaal om hul pligte tot die letter uit te voer.