2.11.2009 Stembriewe lyk só
OP 27 en 28 November gaan Namibiërs stembus toe om vir die volgende president en die nuwe lede van die Nasionale Vergadering te stem. Republikein het Vrydag eksklusief die eerste voorbeelde van die stembriewe gepubliseer. Vandag wys ons weer hoe die stembriewe lyk sodat kiesers nou al kan begin besluit waar om hul kruisies te trek.
|