24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

27.10.2009

Stembrief se duur papier

BEHALWE vir die bitter verloorsmaak in die Verkiesingskommissie (ECN) se mond ná die tenderdrama oor vanjaar se stembriewe, kan die papier waarop Namibiërs in November hul kruisies gaan trek belastingbetalers dalk meer kos as waarop gereken word.

In Swapo is daar volgens alle indrukke soos oor baie ander kwessies ook op hierdie front tweedrag.

“Hulle (die ECN) sal betaal!” is minstens uit een mond in die regerende party se sakeryk beloof, saam met betroubare inligting dat die Swapo-maatskappy NamPrint sy regte voorbehou het om die Verkiesingskommissie indien nodig voor die hof te daag.

Mnr. Victor Tonchi, voorsitter van die Kommissie, het aan Republikein gesê dat die instansie in beginsel aanspreeklik gehou kan word vir enige uitgawes wat Namprint aangegaan het in die uitvoering van die tender wat aanvanklik hulle s’n was.

“Dit is ’n standaard ding,” het hy opgemerk. Volgens mnr. Tonchi is sover hy weet egter nog geen rekening of enige ander kommunikasie in die verband van Nam- Print ontvang nie.

“Geen kommentaar,” was al wat mnr. Moses Ndjarakana, verkiesingsdirekteur, wou sê oor die gevoelige stembriefkwessie. Hy het nie kategories ontken dat ’n eis dalk op tou is nie.

NamPrint self het die afgelope dae ontwykend oor die tameletjie geantwoord. Mnr. Kaleb Shalukeni, waarnemende hoofbestuurder, het min te sê gehad voor hy sy selfoon doodgedruk het: “Ek weet wat jy wil hê. Ek gaan nie kommentaar lewer oor die dinge nie.”

Verskeie onafhanklike bronne beweer NamPrint het reeds die veiligheidspapier vir die druk van stembriewe gekoop voor die eerste tender gesluit het, so seker was hulle glo dat hulle weer die werk gaan kry.

Volgens die bronne is geen ander sulke papier (95 GSM) in Suidelike Afrika beskikbaar nie.

“Nee, ek weet nie van so iets nie,” het mnr. Alec Boois, NamPrint se direksievoorsitter by navraag gesê.

“Ek glo darem nie ons sou so iets doen nie.”

Oor ’n moontlike hofgeding wou hy nie kommentaar lewer nie.

“Ons moet eers vasstel wat ons regte is,” het mnr. Boois verduidelik.

“Ons is nie slegte ouensnie,” het hy benadruk.

“Ons wil net sake doen soos enige ander maatskappy in hierdie land.

“Ons het niks om weg te steek in die hele proses nie. Ons is net ’n diensverskaffer wat nie in ’n politieke toutrekkery betrokke wil raak nie.”

Volgens mnr. Boois doen NamPrint ’n groot verskeidenheid werk vir vele kliënte en is ’n goeie verhouding met almal vir hulle van die grootste belang.

Mnr. Phillemon Kanime, voormalige direkteur van die ECN en die 34ste kandidaat op die partylys van die Rally for Democracy and Progress (RDP), beskou die voortgesette doodswyg van jarelange ongerymdhede met die toeken van stemtenders sonder om stappe teen betrokkenes te doen, as simptomaties van die dubbele standaarde en gebrek aan openheid in Swapo.

As hy ontslaan kon word omdat hy net die wet gevolg het deur die RDP toe te laat om as party te registreer, moet in die tenderdebakel mos opgetree word.

Volgens mnr. Kanime is dit ’n goeie ding dat iemand anders die tender gekry het. Ook in sy tyd was dit ’n “uitgemaakte saak” dat ondanks die skreiende konflik in belange, daar net een maatskappy was wat glo die werk kon doen.

Mnr. Kanime beweer hy was persoonlik nooit eintlik ten gunste van die houding nie.