Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

10.03.2010

Stampriet-hoë klou soos neet

© Republikein
Me. Catherine Haimbodi
MEER as twee maande nadat die hoof uitvoerende beampte van Stampriet se kontrak verstryk het, klou sy soos ’n neet aan haar kantoor en weier sy om dit te ontruim.

Verlede jaar September het die dorpsraad besluit om me. Catherine Haimbodi se kontrak nie te hernu nie.

Volgens die voorsitter van die dorpsraad, me. Susanna Motinga, het die raad reeds in Meimaand me. Haimbodi se kontrakinligting aangevra om seker te maak wanneer dit verstryk.

“Sy het egter gesloer met die dokumentasie en is op 28 September amptelik deur die raad kennis gegee.”

Die besluit is geneem dat iemand eers in haar pos sal waarneem tot tyd en wyl die pos geadverteer is. Intussen voer me. Haimbodi egter aan dat sy nie betyds kennis gegee is nie en sy weier om die kantoor te verlaat. Sy het ook die afgelope twee maande steeds ’n salaris ontvang.

“Sy was onwettig betaal,” het me. Motinga gesê. Haar salaris is egter die einde van Februarie gestaak.

Volgens me. Motinga was een van die redes hoekom hulle besluit het om me. Haimbodi se kontrak nie te hernu nie, haar optrede en gedrag teenoor die raad en die gemeenskap wat sy as “ongeskik” beskryf het.

“Sy was ook nie eerlik met raadslede nie.” Me. Haimbodi het ’n vyf jaar kontrak gehad.