24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.02.2012

Spoorstaking betree ’n sewende dag

© Republikein
TRANSNAMIB se treindrywers, hul assistente, beheerbeamptes en rangeerders wat in dele van die land reeds vir ses dae onwettig staak, moet volgens mnr. Erkki Nghimtina, Minister van Werke en Vervoer, tot hul sinne kom.

Die hardvogtigheid van personeel op veral Walvisbaai is oënskynlik die grootste rede waarom die land se treine steeds nie aan die ry kom nie.

“Die hofbevel is reeds uitgereik,” het Nghimtina gister benadruk. “Die werkers moet teruggaan. Hulle moet die hof respekteer, net soos ons almal moet doen.”

“Ek dink nie so nie,” het die Minister gesê op die vraag of die voortgesette krisis vandag voor die Kabinet kan dien.

Die direksie het gister met die bestuur vergader en ’n opvolgvergadering vind vanoggend plaas.

“Ons probeer ons bes om mense sover te kry om die hofbevel te eerbiedig,” het ’n tam mnr. Dawid Tjombe, president van die Namibiese Unie vir Vervoer- en Verwante Werkers (Nafau), oor Saterdag se interdik teen die stakers gesê. “Werkers vloek ons ook.”

Die vakbond hou vanoggend ’n mediakonferensie oor die staking.

Walvisbaai, het Tjombe toegegee, is die “kookpot” van waar ’n kettingreaksie ontlok is wat treine landwyd tot stilstand gedwing het.

Petrol, diesel en brandstof vir vliegtuie en stralers word per pad deur TransNamib en private kontrakteurs vervoer. Volgens iemand in die netwerk het die aantal vragmotors op dele van die land se paaie omtrent vertienvoudig – wat die risiko van ernstige ongelukke kan verhoog.

Dusver is nog geen tekorte in vliegtuigbrandstof gerapporteer nie. Tenkwaens word spesiaal aangepas om die vervoer van sulke brandstof moontlik te maak.

Al kan stakers summier afgedank word as hulle nie binne drie dae inval nadat die hofbevel algemeen bekend is nie, is sulke optrede problematies. In die gespesialiseerde beroepe is daar nie baie ander mense wat die werk kan doen nie.

By die stasie op Walvisbaai is gisteroggend hard gesmeek dat stakers na hul poste terugkeer, maar sonder sukses.

Hulle eis ’n besoek deur die direksie of die hoof uitvoerende beampte self, wat gister op sy pos terug was.

Werkers op Walvisbaai eis steeds antwoorde op die inhoud van ’n klagskrif wat die protes landwyd laat versprei het. Hulle wil die persentasies sien agter veranderinge aan salarisstrukture, die verskille weet tussen die kerwe binne salariskategorieë en ’n afskrif hê van die laaste samesprekings met die vakbond en werkers. Stakers sê hervorming het onder ’n dekmantel geskied en dat omsendbriewe misleidend was.

TransNamib se onderneming om landwyd besprekingstoere oor die nuwe salarisstruktuur te hou, is verwerp.