Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


8 Februarie 2012

Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

06.12.11

Polisieman, boer vertel van ongeluk

05.12.11

Vakansiepad open sy tol

05.12.11

Geen borg vir Susanne Hoff

09.12.11

Vir braaivleisvuur, is permit die kuur

07.12.11

Omkopery op lughawe

27.11.2009

Spaar brandstof, spaar geld



AL hou duur brandstofpryse die besoeker nie by die huis nie, is dit steeds goed om te weet hoe om te bestuur om brandstof en gevolglik geld te bespaar. Hou dus die volgende wenke in gedagte.

• Moenie in spitstyd bestuur nie. Daardie stadige, lang toue motors vermors brandstof.

• Bly rustig. Om die petrolpedaal vas teen die motor se vloer te trap, vermors brandstof en is sleg vir die enjin, wiele en remme.

• Ry teen ’n egalige spoed, hou stadig stil en trek weer stadig weg. Probeer só ry dat dit nie gedurig nodig is om stil te hou nie, deur byvoorbeeld genoeg ruimte tussen jou en die motor voor jou te laat.

• Laat versien die lugfilter maandeliks of wanneer die olie vervang word. ’n Motorenjin gebruik baie meer lug as brandstof en ’n vuil lugfilter verhoog brandstofverbruik.

• Moenie die motor langer as ’n paar minute laat luier nie.

• Vervang die enjinolie. Te min of ou olie laat die enjin harder werk, veroorsaak slytasie en verhoog brandstofverbruik.

• Maak die vrag ligter. Moenie onnodige swaar artikels vervoer nie, want hoe swaarder ’n motor gelaai is, hoe meer brandstof verbruik dit. Bagasie op die dak en die gevolglike hoër windweerstand verhoog ook brandstofverbruik.

• Onderhou die motor. ’n Enjin wat nie gereeld nagesien word en ingestel is nie, moet harder werk en gebruik meer brandstof terwyl slytasie gouer plaasvind.